LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Pony Cottage | LekkeSlaap
+22

Pony Cottage

9 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Millstraat 25, McGregor, 6708, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 000 per nag (vir 5 persone)

Beskrywing

Pony Cottage is 'n pragtige kothuis in 'n Victoriaanse-styl gebou. Die kothuis is in die ware ou McGregor-styl gebou, maar het moderne binnehuisversiering. Die kothuis is in 'n stil deel van die dorpie geleë, maar stapafstand van voetslaanpaaie, swemplekke, restaurante, kroeë, musiek, galerye en wynproeplekke.

Die kothuis is ten volle gemeubileer en bied slaapplek aan 5 gaste. Die kothuis beskik oor 2 ruim slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eet- en leefarea. Die eerste slaapkamer beskik oor 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer is ingerig met 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kothuis beskik ook oor 'n buitestort.

Pony Kothuis is rolstoelvriendelik. Die ingang aan die voorkant het 'n oploop en die interieur van die kothuis is ruim met wye spasies tussen alle kamers en die stoepe. Die badkamers is ook baie ruim en het 'n plat oppervlakte tussen die oop stort en toilet.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg, met 'n gasstoof, elektriese oond, 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, eetgerei en breekware, asook 'n opwaskamer. Die knus sitkamer het 'n enkelbed en 'n kaggel vir daardie koue winteraande en die eetarea is ingerig met 'n hout-eetkamertafel met 4 stoele.

Die leefarea maak oop op 2 stoepe met buitemeubels. Die kothuis het 'n groot grasperk en 'n ingeslote tuin met 'n roostuin, pruim-, vye- en neutbome en 'n klein wingerd met uitsigte oor die heuwels. Veilige parkeerplek en 'n motorafdak is beskikbaar.

Gaste kan ook die plaas-atmosfeer aan die ander kant van die heining geniet. Die hoofhuis is langsaan die kothuis geleë. Hier woon 'n vriendelike ponie, henne en eende, wat besoekers in Pony Cottage kom groet, indien hulle oorgenooi woord. Ponie-ritte vir kinders kan gereël word en is gratis.

Slaapplek

’n Bespreking by Pony Cottage sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 9 resensies vir Pony Cottage
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Millstraat 25, McGregor, 6708, Wes-Kaap
  • Gaste dink Pony Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 000
per nag (vir 5 persone)
Vanaf R2 000
per nag (vir 5 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Millstraat 25, McGregor, 6708, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDFjOTgzZTI1LTBiMGMtNGYzMi1iOTczLTY3OTU3YjM2ODlmNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 000  per nag (vir 5 persone) 9 5 1 5 25 Mill Street McGregor 6708 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -33.947778764597 19.825812767198
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!