Portofino Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Portofino Guest House bied 'n uitsig oor die Royal Alfred Marina en die bedrywige hawe vir kleiner bote. Jy kan op die dek ontspan terwyl jy die asemrowende uitsigte oor die see en die verwelkomende atmosfeer van dié gerieflike hotel ervaar. Gaste kan ook Port Alfred se sonnige weer by die buitelug-swembad in die rustige tuin geniet.

Die gastehuis het 10 gerieflike kamers, almal met lugversorging. Al die kamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die kamers het satelliet-TV en digitale kluise vir waardevolle items. Elke kamer het ook 'n kombuis-area met 'n mikrogolfoond, ketel, yskas, wasbak en teeskinkbord. Suites met sitkamer- en eetkamer-geriewe is beskikbaar. Rook is verbode in die suites.

Die hotel het voldoende veilige parkeerplek op die perseel. Alle vername kredietkaarte word aanvaar!

Port Alfred is die hartjie van die Sonskynkus, ewe ver van Port Elizabeth en Oos-Londen af. Dié dorpie is aan die oewer van die kalm Kowierivier wat wonderlike visvang- en watersport-doendinge bied. Die Royal Alfred-gholfbaan in Port Alfred en die Gary Player Gholfbaan by die Visrivier is ideaal vir gholf-entoesiaste. Daar is talle wildreservate in die omgewing wat geleentheid bied vir wild- en voëlkyk.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Nagportier
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Portofino Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za