Potpourri Stay

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Potpourri Stay is sentraal geleë in die kusdorpie L'Agulhas en bied gerieflike verblyf. Ons is slegs 50 m van die Kaap Agulhas Vuurtoring af. Ons is baie na aan die plaaslike restaurante, 'n supermark, 'n wassery, 2 getypoele en die mees suidelike punt van Afrika geleë.

Ons verblyf bestaan uit 5 smaakvol gemeubileerde en suite-slaapkamers. Kamers 1 tot 5 is toegerus met koninggrootte-beddens wat omskep kan word in enkelbeddens. Die en suite-badkamers het storte en elke kamer is toegerus met koffie- en teemaakgeriewe, 'n yskassie en 'n TV. Daar is egter nie satelliet-TV nie, maar slegs SABC 1, 2, 3 en eTV. Die beddens is opgemaak met wit katoenlinne en skoon handdoeke word elke dag voorsien.

Ons het nou 'n nuwe selfsorg-eenheid vanaf 28 April 2018 (Eenheid 6). Dit het slaapplek vir 5 gaste en beskik oor 2 dubbelbeddens en 'n enkelbed. Hierdie eenheid is op dieselfde perseel as die gastehuis.

Gratis WiFi is beskikbaar.

Vir ontbyt, middagete of vir inkopies kan gaste Potpourri Stay se dekor- en geskenkwinkel, asook Suidpunt Potpourri die gelisensieerde restaurant en koffiewinkel oorkant die straat besoek.

Besienswaardighede in die omgewing sluit die Agulhas-strand, die Kaap Agulhas Vuurtoring Museum, kunsgalerye en die Suiderstrand in. Agulhas Nasionale Park bied 'n verskeidenheid staproetes en -paadjies wat jy kan onderneem en jy kan ook hier voëlkyk en visvang.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Potpourri Stay gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za