LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Praslin 10 | LekkeSlaap
+29

Praslin 10

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Marine-rylaan 2442, Praslin 10, Ramsgate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 381 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Praslin 10 is 'n selfsorgwoonstel met 'n uitsig oor Ramsgate se strandmeer en die see in die verte. Die eenheid is sowat 200 m van die strand af, maar gaste moet oor die teerpad stap om daar te kom. Die kompleks spog met 'n swembad en die eenheid het 'n motorhuis en veilige parkeerplek vir besoekers.

Die woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die gastebadkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Linne word voorsien, maar gaste word versoek om hul eie bad- en swemhanddoeke saam te bring. Die hoofslaapkamer en die sitarea het lugversorging en die ander slaapkamers het plafonwaaiers.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitarea het 'n sitkamerstel en 'n platskerm-TV met DStv. Gaste word versoek om hul eie dekodeerder en slimkaart saam te bring, of hulle kan die eienaar s'n huur.

Daar is 'n groot patio wat met glasskuifpanele toegemaak is. Die patio het 'n gasbraai en bied lieflike uitsigte. Daar is 'n stoeptafel met 6 stoele en stoepmeubels.

Slaapplek

’n Bespreking by Praslin 10 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 2 resensies vir Praslin 10
Netheid
5.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Marine-rylaan 2442, Praslin 10, Ramsgate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Praslin 10 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 381
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 381
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Marine-rylaan 2442, Praslin 10, Ramsgate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAABkWoxbnyBgiecIhg4qTjPGXd5Nqa6Pgrz2xAw2v0nW7Ym7Vkyr?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 381  per nag (plek vir 6) 2 5 1 5 2442 Marine Drive Praslin 10 4275 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-23:00 09:00 -30.892174 30.346435
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!