Premier Hotel Regent

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Premier Hotel Regent is 'n klassieke strandhotel, in Esplanade-rylaan in Oos-Londen. Die hotel is ideaal geleë by die toegangspoort tot die Sonskyn- en die Wildekus en is ideaal vir sake- en vakansiereisigers.

Premier Hotel Regent het 120 stylvolle kamers. Elke kamer is gerieflik versier om ligte, neutrale kleure en is toegerus met 'n en suite-badkamer, lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale, haardroërs, telefone, kluise en koffie- en teemaakgeriewe. Gaste word bederf met panoramiese uitsigte oor die Indiese Oseaan en kan kies by watter een van die 2 restaurante op die perseel hulle wil gaan eet. The Three Ships Restaurant bedien ontbyt, middagete en aandete en gaste kan kies tussen die buffet en al die heerlike geregte op die á la carte-restaurant. Die tweede restaurant genaamd Y-Knot Pub and Restaurant met sy seestoep is net so gewild onder ons gaste. Die atmosfeer is rustig en ligte en 'n groot verskeidenheid drankies word hier bedien.

Premier Hotel Regent bied verskillende dienste om te verseker gaste se verblyf is onvergeetlik: parkering op die perseel, vervoer- en pendeldienste, 'n portierdiens, kamerdiens , 24-uur ontvangs, was-, stryk- en kelnerdiens, WiFi orals in die hotel, sake- en konferensiesentrum.

Niks is meer verfrissend as om in die namiddag na die dolfyne (binne seisoen) te sit en kyk nie. Die hotel is ook naby aan die winkel- en sakedistrikte, die pragtige strande, en is ook net 20 minute se ry van die lughawe af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Premier Hotel Regent gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 506 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za