Premiere Classe Hotel Apartments

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Premiere Classe Hotel Apartments is gerieflik geleë tussen Rosebank en Sandton, met maklike toegang tot albei die Gautrainstasies. Die hotel is ook naby die hoofweë en is dus ideaal vir sakereisigers wat in die hartjie van Sandton en Rosebank moet wees vir besigheidsdoeleindes.

Verblyf is beskikbaar in 18 eenslaapkamerwoonstelle wat geskik is vir 2 gaste, en 10 tweeslaapkamerwoonstelle wat elkeen plek het vir 4 gaste. Ander geriewe in die kamers sluit WiFi en 'n TV met DStv in. Veiligheidsdienste is ook beskikbaar.

Daar is onderdakparkeerplek op die perseel, 24 uur-ontvangs en die bestuurder bly op die perseel. Troeteldiere is welkom, maar moet vooraf gereël word. Die grondvloer is rolstoelvriendelik en het 'n oprit wat vooraf versoek moet word.

Die nuwe Keyes Art Mile is slegs 5 minute se ry vanaf Premiere Classe Hotel Apartment. Maklike toegang tot die Rosebank Clinic, Morningside Clinic en Nelson Mandela Kinderhospitaal. Dis loopafstand van die Wanderers Krieketstadion af en 'n bietjie verder na Wanderers Gholfbaan en Wanderers Sportsklub. Dis ook naby verskeie restaurante in Rosebank, Sandton en Melrose Arch.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Reisigerstjeks
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Nagportier
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Kantoorgeriewe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Premiere Classe Hotel Apartments gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R840 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za