Pretorius Place

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Pretorius Place is 'n ten volle toegeruste selfsorgwoonstel in Lyttelton Manor, 750 m vanaf Netcare Unitas-hospitaal.

Die oopplan-eenheid het 'n privaat ingang, koninggrootte-bed asook 'n Snooza-enkelbed met 'n dik matras. 'n Bababed is op versoek beskikbaar. Die eenheid het 'n en suite-badkamer met 'n bad en instapstort en linne en badhanddoeke word vir jou gerief voorsien. Die eenheid is rolstoelvriendelik en ingerig vir gaste met gestremdhede.

Die woonstel het lugversorging, 'n privaat braai-area en parkeerplek in 'n motorhuis agter 'n elektriese hek.

Die kombuisie is met 'n yskas, mikrogolfoond, elektriese braaipan, eetgerei, breekware, 'n strykplank, strykyster, kookgerei en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die eenheid het ook 'n TV met DStv en 'n haardroër.

Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. Rook is verbode in Pretorius Place, maar gaste mag by die braai-area rook. 'n Daaglikse skoonmaakdiens is beskikbaar indien dit gereël word.

Pretorius Place is net 600 m van die Lyttleton Winkelsentrum af geleë. Daar is verskeie restaurante, doendinge en besienswaardighede in die area.

Slaapplek

'n Bespreking by Pretorius Place sluit in:

1 x Koningingrootte-bed
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Pretorius Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R620 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za