Noordkus Akkommodasie by Prince's Grant - Prince's Gaze | LekkeSlaap
+15

Prince's Grant - Prince's Gaze

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Princes Grant-landgoed, KwaDakuza, 4449, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 400 per nag (vir 8 persone)

Beskrywing

Prince's Gaze is ’n pragtige huis op die Prince's Grant Gholflandgoed met ononderbroke ’n see-uitsig, en dit word omring deur die plantegroei en gholfbaan. Die ligging is ideaal vir dié wat walvis-, dolfyn- en voëlkyk in ’n pragtige omgewing geniet.

Prince's Grant is ’n bekroonde eko- en gholflandgoed aan KwaZulu-Natal se Noordkus en bied luukse gholfbane en verblyf. Die landgoed het die suikerrietplantasies aan die een kant en die Indiese Oseaan aan die ander kant.

Dié selfsorghuis bied slaapplek aan 8 gaste en het 4 dubbelkamers met en suite-badkamers, ’n ruim sitarea en eetarea en ’n oopplan-kombuis is volledig toegerus is. Die huis spog met ’n 'pajama'-sitkamer, 2 dekke met see-uitsigte, 'n dek met ’n sonsondergang-uitsig en 3 TV's. Gaste kan langs die swembad- en braai-area of op die dek ontspan terwyl hulle die prentjiemooi uitsig geniet.

Elke kamer het lugversorging en daar is ’n motorhuis vir veilige parkeerplek, en ’n gholfkarretjie met sitplek vir 4 is ingesluit. Die huis word op Maandae, Woensdae en Vrydae gratis skoongemaak.

Die landgoed het toegang tot ’n privaat strand via 3 sekuriteitstoegangsplekke wat streng beheer word. Daar is ook ’n 18 putjie-gholfbaan. tennis, muurbal, ’n trampolien, klimrame, en gaste kan swem, kanovaart, visvang, voëlkyk en gaan stap.

Prince's Gaze is ’n selfsorgvakansiehuis, maar gaste kan die à la carte-restaurant, kroeg, geleenthede en funksies by die lodge geniet. Die landgoed het streng sekuriteit by die ingang. Die Peter Matkovick 18 putjie-gholfbaan bied asemrowende uitsigte oor die plantegroei en see.

Slaapplek

’n Bespreking by Prince's Grant - Prince's Gaze sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Princes Grant-landgoed, KwaDakuza, 4449, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Noordkus KwaZulu-Natal
Vanaf R3 400
per nag (vir 8 persone)
Vanaf R3 400
per nag (vir 8 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Princes Grant-landgoed, KwaDakuza, 4449, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAozcepfEsd3RkXIOAvLa9MpQa9Gm79B9HXhUV4VKAMWcsFXBThR?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 400  per nag (vir 8 persone) Princes Grant Estate KwaDakuza 4449 KwaZulu-Natal 086 999 0018 12:00-17:00 10:00 -29.345279851982 31.378316299596
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za