LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Princes Grant 293/7 Sandhills | LekkeSlaap
+20

Princes Grant 293/7 Sandhills

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 293, Deel 7, Prince's Grant, Kwa Dukuza, 4450, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Princes Grant 293/7 Sandhills is 'n ruim selfsorghuis op die Prince's Grant Golf and Country Estate aan die Dolfynkus in KwaZulu-Natal. Dié fantastiese huis is die ideale basis vir gaste wat 'n gholfwegbreek of 'n selfsorg-gesinsvakansie soek. Die omliggende area en die see-uitsigte is asemrowend.

Daar is slaapplek vir 8 gaste op 3 verdiepings. Die tweede verdieping beskik oor 'n hoofslaapkamer met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer. Albei kamers het lugversorging en lei na 'n balkon met asemrowende uitsigte. Daar is 'n slaapbank op die tussenvloer met slaapplek vir 2 kinders.

Die eerste verdieping het 'n kombuis, eetarea en sitarea wat saam 'n oopplan-leefarea vorm. Dié leefarea se deure lei na 'n beskutte veranda. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, yskas-vrieskas, wasmasjien en tuimeldroër toegerus.

Die grondverdieping beskik oor 'n eenheid met lugversorging, 'n dubbelbed, stapelbed, kombuisie en 'n en suite-badkamer. 'n Dubbelmotorhuis wat kan sluit is ook op die grondverdieping beskikbaar.

Daar is ook 2 TV's, 'n DVD-speler, volle DStv en WiFi. Alle linne en bad- en strandhanddoeke word voorsien.

Die Prince's Grant Estate het een van Suid-Afrika se top 20 gholfbane en dit is 'n 18 putjie-links-baan met pragtige uitsigte en 'n klubhuis met 'n hoë rang. Daar is ook 'n kilometer lange privaat strand wat met sekuriteitskameras en lewensredders gemonitor word, asook 'n privaat strandmeer waarop gaste met 'n kano kan vaar. Daar is ook natuurroetes in die natuurreservaat met meer as 230 voëlspesies om te sien, gemeenskaplike swembaddens. tennisbane en muurbalbane. Die lodge het 'n restaurante, kroeg, konferensiesentrum en 'n spa.

Kom ontspan en geniet verblyf by Princes Grant 293/7 Sandhills.

Slaapplek

’n Bespreking by Princes Grant 293/7 Sandhills sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed Stapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 4 persone
1 xDubbelbed
1 xStapelbed
Kinderbank vir 2
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xKinderbank vir 2

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Ligging

  • Erf 293, Deel 7, Prince's Grant, Kwa Dukuza, 4450, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Noordkus KwaZulu-Natal
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 293, Deel 7, Prince's Grant, Kwa Dukuza, 4450, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAkNGoypUcIdKBD2zBeDrmzfy3d4LWEjNPx3HTF1LVOHJhevNM6C?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 000  per nag (plek vir 8) Erf 293 Portion 7 Prince's Grant 4450 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.343282965481 31.38307284298
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!