Private Apartments

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af. Geldig vanaf 7 Jun 2019 tot 31 Des 2019.

Beskrywing

Private Apartments bied 'n ware tuiste weg van die huis. Dié moderne selfsorg-lodge skuil in die lowerryke woonbuurt Elarduspark in Oos-Pretoria. Ons 9 privaat woonstelle is ten volle gemeubileer en spog met puik, gemaklike beddens. Die woonbuurt is lekker stil, maar steeds naby genoeg aan die hoofweë.

Elke woonstel het gratis WiFi en 'n platskerm-TV met 131 DStv-kanale. Elke kombuis is ten volle toegerus en beskik oor 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, oondjie en stoof. Die badkamer is en suite en handdoeke, 'n strykyster, verwarmer en waaier word voorsien.

Veilige, gratis onderdakparkeerplek is beskikbaar. Die swembad is gemeenskaplik en daar is ook 'n braai-area. Die eenhede word elke weeksdag skoongemaak en die linne en handdoeke word omgeruil.

Dit is 'n veilige omgewing en die geëlektrifiseerde heining bied ekstra gemoedsrus. Daar is ook waghonde op die perseel.

Private Apartments bied maklike toegang tot die N1 en die R21. Dit is net 25 minute vanaf O.R. Tambo Lughawe, 10 km vanaf Unitas Hospitaal, 4 km vanaf Kloof MediClinic, 8 km van die Universiteit van Pretoria Tukkies en daar is allerlei winkels, restaurante, en 'n 24/7 Woolworths Food om die hoek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Private Apartments gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R588 R500 per nag (vir 2 mense)

Kry 15% af. Geldig vanaf 7 Jun 2019 tot 31 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za