Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Protea Huis

Gastehuis
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Leopard-weg 12, Theresa Park, Pretoria, 0166, Gauteng
  • Geen kinders onder 10
  • Vanaf R390 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Protea Huis bied gerieflike, moderne verblyf in Theresapark in die noorde van Pretoria en is deel van African Nights Guesthouse. Let wel daar is geen TV's in die slaapkamers nie, net een in die gemeenskaplike TV-kamer op die eerste verdieping. Geen DStv maar wel OpenView HD-kanale. Gemeenskaplike balkon op die eerste vloer vir algemene gebruik. Al die kamers het koffie- en teemaakgeriewe. Elke kamer beskik oor 1 dubbelbed.

Gaste kan kies tussen Angelier en suite-hoofslaapkamer met 'n bad en oorhoofse stort, of Protea-kamer en Eagle-kamer wat 'n badkamer deel (bad en stort), of die Bluecrane buitekamer met privaat badkamer met 'n bad.

Die Angelierhoofslaapkamer op die eerste verdieping beskik oor lugversorging en ’n klein balkon. Die en-suite badkamer is nog nie gemoderniseer soos die ander badkamers nie, maar dit beskik oor 'n stort-oor-bad, wasbak en toilet. Die kamer het 1 dubbelbed en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die Bluecrane-, Protea- en Eagle-kamers beskik nie oor lugversorging nie, maar wel oor draagbare waaiers.
Die Protea- en Eagle kamers kan ook saam bespreek word wat ideaal is vir 'n gesin van 4. Die kamers deel 'n gemeenskaplike badkamer met 'n bad en 'n stort. 'n Veiligheidsdeur skei die twee kamers en badkamer van die res van die huis.

Die Bluecrane-kamer is buite die huis en het sy eie privaat badkamer, beskik nie oor lugversorging nie, maar wel oor 'n draagbare waaier. Daar is tee- en koffiemaakgeriewe en 'n yskassie in Bluecrane-kamer.

Verder is daar nog 'n badkamer met 'n stort op die grondverdieping van die huis wat gaste kan gebruik op versoek. Daar is ook 'n gemeenskaplike kombuis met 'n yskas vir basiese gebruik op die grondverdieping.

Die kamers word daagliks skoongemaak behalwe op Sondae en openbare vakansiedae.

Langs Protea Kamer is daar 'n gemeenskaplike TV-kamer met 'n TV. Hierdie TV-kamer bied ook toegang tot 'n algemene balkon. 'n Swembad en parkeerplek is ook beskikbaar. Dis nie geskik vir kinders nie, a.g.v. die oop swembad, oop balkonne en oop trappe.

Protea Huis is net 9 km vanaf die Onderstepoort Veeartseny-instituut, 12 km vanaf die Nasionale Dieretuin, die Uniegeboue en Loftus Versfeld-stadion, en 18 km vanaf Medunsa.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad

Geriewe

  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 34 resensies vir Protea Huis
Netheid
4.2/5
Diens
4.1/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.2/5
Waarde vir geld
4.2/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

3.9/5

Lizette Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 110

Jaar gelys 7

Ligging

  • Leopard-weg 12, Theresa Park, Pretoria, 0166, Gauteng
  • Gaste dink Protea Huis het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R390
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R390
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Leopard-weg 12, Theresa Park, Pretoria, 0166, Gauteng
  • Geen kinders onder 10
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAH75ujmYGhSMNU5dn6t5U2YWGukiNDCpHaUbqrdT8PU1z9jIPUZ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R390 per nag, vir 2 mense 34 5 1 5 12 Leopard Road Theresa Park 0166 Gauteng 021 201 8901 13:00-20:00 10:00 -25.674186254302 28.147346261248
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem