Pumpkin House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Pumpkin House bied gerieflike en kunstige oornagverblyf in Langebaan, 'n pragtige kusdorpie aan die Weskus. Dit is ideaal vir sportliefhebbers, veral vir vlieërbranderryers.

Ons het 3 bekoorlike slaapkamers, elkeen met unieke, kleurvolle binnenshuise versiering en interessante kuns. Hierdie kamers het elk 'n dubbelbed of dis 'n slaapsaal met 3 enkelbeddens, en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Dié huislike kamers is ook toegerus met waaiers, WiFi, TV met plaaslike kanale, yskassies en koffie- en teemaakgeriewe.

Gaste kan kies tussen die 2 ontbyt-opsies wat in die eetarea of in die binnehof bedien word (teen 'n addisionele koste). Die ommuurde tuin is 'n ideale toevelugsoord vir kuns- en natuurliefhebbers en besoekers kan hulself verlustig in die vreedsame atmosfeer.

Parkeerplek is beskikbaar op die perseel en Pumpkin House is net 'n klein entjie se ry vanaf die strandmeer, die vlieërbranderryplek en al die ander doendinge. Ons is ook op die pad na die Weskus Nasionale Park geleë.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Pumpkin House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za