LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Purple House B&B and Self catering | LekkeSlaap
+53

Purple House B&B and Self catering

  • Kapasiteit: 22 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Brandstraat 323, Smithfield, 9966, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R850 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

The Purple House in Smithfield is een van die oudste, lekkerste gastehuise in die Vrystaat, en is boonop ingerig met lugversorging. Die bestuurder en eienaar, Johann Greeff (oom van sangeres Karen Zoid), is altyd beskikbaar en die mooi kamers, uitstekende diens en vriendelikheid sal gaste ontspanne en welkom laat voel. Die huis het 'n kragopwekker.

Gratis WiFi is beskikbaar. Verskeie bekende gaste het al The Purple House gekies om in oor te bly: Radio Kalahari Orkes, Manuel Escorcio, Petronel Baard, Karen Zoid en nog vele meer. Die huis het sy eie bioskoop.

Die Halfmaan-kamer is 'n moderne, ruim 28 m²-rondawel. Dit het 'n aparte badkamer met 'n stort. Die kamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Nog 'n enkelbed is op versoek beskikbaar. Daar is 'n kombuisie en DStv, asook elektriese komberse, perkallinne en donsveerduvets vir die koue aande.

Die Kwartmaan-kamer is 'n moderne, ruim rondawel wat 28 m² groot is. Dit beskik oor 'n aparte badkamer met 'n stort. Die koninggrootte-bed kan in 2 enkelbeddens omskep word. Nog 'n enkelbed kan op versoek bygevoeg word. Verder is daar 'n kombuisie, satelliet-TV, elektriese komberse, perkallinne en donsveerduvets.

Die Pierneef-kamer is mooi en gerieflik met lugversorging, dennehout-vloere en hoë plafonne. Die eenheid spog met 'n ekstra lang koningingrootte-bed en 'n privaat badkamer met 'n stort. Die eenheid is eintlik soos 'n privaat suite en het gratis WiFi. Volle DStv is ook beskikbaar met 2 gemaklike stoele. Perkallinne, donsveerduvets en elektriese komberse word voorsien.

Die Galerykamer het 2 enkelbeddens, 2 leunstoele en 'n en suite-badkamer met 'n stort in die kamer. Volle DStv, gratis WiFi, en lugversorging wat verhit en verkoel is beskikbaar.

Die Gecko-kothuis het lugversorging in die slaapkamers en slaapplek vir 5 gaste. Ons het 2 slaapkamers in die kothuis. Die een kamer het 'n dubbelbed en die ander een het 3 enkelbeddens. Daar is 'n kombuis en 'n badkamer met 'n aparte gas-stort. Dit is ideaal vir gesinne wat wil oornag of selfs kontrakteurs wat langer wil bly. Dit is gerieflik ingerig met al die basiese geriewe, insluitend elektriese komberse, perkallinne en donsveerduvets.

Koffie- en teemaakgeriewe word voorsien in die kombuis, en daar is ook 'n klein kafee in die tuin. Aandete en ontbyt word in die huis of op die veranda bedien. Jy kan ook jou ete in die lieflike teetuin langs die dammetjie geniet. Die huis het 'n privaat bioskoop vir vermaak. Die vertonings moet vooraf gereël word.

Kom geniet 'n rustige en prettige wegbreek saam!

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 25 resensies vir Purple House B&B and Self catering
Netheid
4.0/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • Brandstraat 323, Smithfield, 9966, Vrystaat
  • Gaste dink Purple House B&B and Self catering het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Smithfield Vrystaat
Vanaf R850
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R850
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Brandstraat 323, Smithfield, 9966, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDY1ZGFlOWFmLThmZWQtNDg0My05NGVlLTAxNGZiNGUwYWVhYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R850  per nag (vir 2 persone) 25 5 1 5 323, Brand street Smithfield 9966 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -30.217495494035 26.529675722122
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!