Quay West

Voeg by Gunstelinge

 

Blits-aanbod! 30 % af

Kry 30% af vir verblyf voor 15 September 2018

TYD OOR OM TE BESPREEK

Dae

Ure

Min

Sek

Beskrywing

Quay West is 'n knus 4-ster selfsorg-dubbelverdiepinghuis in Velddrif Quays naby die Bergrivier. Dit is ideaal vir gaste wat net wil toesluit en heeldag rondrits.

Op die onderste verdieping is 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -sitkamer. Die kombuis het 'n graniettoonbank en die sitkamer het 'n futon. Dit lei na 'n onderdak-terras met braaigeriewe waar gesinne en vriende gehaltetyd kan deurbring.

Gratis WiFi is beskikbaar.

Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n koningingrootte-bed, aparte aantrekkamer en ruim en suite-badkamer met toilet, wasbak en moderne stort. Die slaapkamer lei na 'n gerieflike balkon waar gaste in die son kan ontspan. Die kamer het ook 'n radiowekker, plafonwaaier, kluis en haardroër.

Die tweede slaapkamer het 2 ekstra lang enkelbeddens wat omskep kan word in 'n koninggrootte-bed. Die klein en suite-badkamer het 'n toilet, wasbak en stort. Die balkon het 'n beperkte uitsig oor die Bergrivier.

Ander geriewe in die huis: LCD-TV met DStv-Easyview, skottelgoedwasser, wasmasjien, mikrogolf, yskas-vrieskas, oond met stoof, koffiemasjien, ketel, broodrooster en elektriese komberse in die winter. Jy kan gerus jou eie iPod bring en dit aan die HiFi koppel. In die winter sal die gaskaggel jou warm hou.

'n Dubbelkajak is beskikbaar teen 'n minimale ekstra tarief. Die Bergrivier is sowat 40 m van hier af en die jetty sowat 90 m.

Let daarop dat rook verbode is in Quay West en dat troeteldiere nie toegelaat word nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Kaggel
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Quay West gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 R980 per nag (vir 4 mense)

Kry 30% af vir verblyf voor 15 September 2018

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za