Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ramino Guest Farm

Gastehuis
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ramino Guest Farm, Hanover, 7005, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 170 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Ramino Guest Farm is geleë in die hartjie van die Groot Karoo en dit is die ideale oornagplek tussen Kaapstad en Johannesburg. Al bly jy slegs vir een nag oor kan ons jou waarborg dat die betowering van die Karoo jou lank sal bybly en sommer jou batterye behoorlik sal herlaai.

Die historiese plaashuis is opgeknap en dien nou as 'n gastehuis wat bestaan uit 5 en suite-slaapkamers, waarvan 1 'n gesinskamer is. Daar is 'n ten volle toegeruste kombuis wat oopplan is met die eetkamer-area en daar is ook 'n sitkamer en 'n ingeboude braai. Die gastehuis is ideaal vir familie-groepe van 10 tot 12 mense. Die kamers kan egter ook individueel verhuur word en elkeen het sy eie ingang na die patio en die tuin.

Die gastehuis is geleë op 'n werkende plaas waar daar met skape geboer word, so jy kan uitsien na 'n ware Karooplaas-ervaring. Gaste kan doendinge soos staproetes, bergfietsry en perdry geniet, en daar is selfs die opsie om onder die sterre te slaap! Daar is sebras, blouwildebeeste, springbokke en baie meer diere wat op die wildritte gesien kan word en aan die einde van die rit kry gaste die geleentheid om wilde perde te voer.

Skemerkelkies kan by die uitkykpunt geniet word wanneer die son sak oor die Karoo-vlaktes. Verder kan gaste ook lekker tradisionele Suid-Afrikaanse gasvryheid te wagte wees, met heerlike kos en plaasdoendinge. Vir diegene wat net lekker wil ontspan, is daar ook 'n verfrissende swembad om in af te koel.

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 16 resensies vir Ramino Guest Farm
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Ramino Guest Farm, Hanover, 7005, Noord-Kaap
  • Gaste dink Ramino Guest Farm het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Hanover Karoo Noord-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 170
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 170
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ramino Guest Farm, Hanover, 7005, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGYyNjViYzQ4LTQ3ZDYtNDRiNy04OGI3LWVjZjg4NzdhNDQ3YQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 170 per nag, vir 2 mense 16 5 1 5 Ramino Guest Farm Hanover 7005 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.204476328383 24.572066813707