Ramsgate Beach Akkommodasie by Ramsgate Palms 26 | LekkeSlaap
+24

Ramsgate Palms 26

4 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strachanstraat, Ramsgate Palms 26, Ramsgate, Margate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R550 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Ramsgate Palms 26 is in Ramsgate en bied gehalteverblyf vir 'n gesin of groep vriende. Dit is binne maklike bereik vanaf verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Dié woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede badkamer het 'n bad, wasbak en 'n toilet.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei, breekware, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Daar is ook 'n onbyttoonbank met stoele. Die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste kan hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring.

Die leefarea bied toegang tot 'n heerlike patio-area met buitemeubels wat uitkyk oor die gemeenskaplike tuin en swembad. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Die woonstel het 'n privaat tuin met braaigeriewe en onderdakparkeerplek vir 'n voertuig. Die kompleks bied direkte toegang tot Ramsgate se Blouvlagstrand.

Slaapplek

’n Bespreking by Ramsgate Palms 26 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 4 resensies vir Ramsgate Palms 26
Netheid
4.8/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Strachanstraat, Ramsgate Palms 26, Ramsgate, Margate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Ramsgate Palms 26 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R550
per nag (plek vir 4)
Vanaf R550
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strachanstraat, Ramsgate Palms 26, Ramsgate, Margate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAihnPgubENUIr8B5kEILYrDDcmSuRNB0plN2EIC1gsZCf8bz82V?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R550  per nag (plek vir 4) 4 5 1 5 Strachan Street 26 Ramsgate Palms 4285 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -30.887682220714 30.35019331771
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za