Raptor Retreat Game Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Hoof Lodge is geleë in die hartjie van die Raptor Retreat.

Die Hoof Lodge het 'n dek wat uitkyk oor 'n oop vlakte met troppe wild wat rustig wei of hul dors les by die watergat. Die groot sitkamerarea is het gerieflike sitplek, 'n kaggel, volledige DStv en 'n beskeie biblioteek met DVD's en boeke vir die reënerige dae.

Geregte word 2 keer per dag in die eetarea of op die dek bedien! Enige spesiale dieëtvoorkeure moet vooraf, gedurende die besprekingsproses, vermeld word. Wildritte kan by bespreek word by ontvangs en vertrek vanaf die parkeerterrein buite. Badkamerbenodighede is ook te koop indien jy enige iets by die huis vergeet het.

Raptor Retreat se akkommodasie is van die beste in die industrie. Ons het tans 2 privaat lodges: die Elephant Lodge (akkommodeer 2 mense) en die Buffalo Lodge (akkommodeer 2 mense). Elke lugversorgde kamer het 'n hoë grasplafon, 'n groot ingeboude koninggrootte-bed en groot skuifdeure wat lei na 'n privaat dek met dubbelbanke.

Kyk hoe die wild wei terwyl jy die hitte van die Afrika-son verdryf in jou eie swembadjie. Komplimentêre tee en koffie, en 'n vol yskassie word voorsien. Middagete kan by navraag op die dek bedien word teen 'n addisionele koste. Die luukse oop-plan badkamer is toegerus met skuifdeure, dubbelwasbakke, 'n groot stort en bad. Hoë-gehalte komplimentêre badkamerbenodighede word voorsien. Daar is ook 'n kluis vir jou waardevolle items, hout klerehangers, 'n groot wasgoedsak, insekweerder, insekdoder, pragtige katoen swemhanddoeke, 'n ekstra kombers en 'n haardroër.

Daar is 2 selfsorg eenhede wat elk slaapplek vir 4 gaste het. Elke selfsorg eenheid het 2 slaapkamers, koninggrootte beddens met en-suite badkamer (net stort), groot skuifdeure wat lei na 'n privaat dek, sitkamer-area, goed-toegeruste kombuis, eet-area, privaat boma en swembadjie. Daar is 'n lugversorger in die slaapkamer en dakwaaiers in die leef-area. Elke eenheid het volle DStv.

Onderdakparkering is beskikbaar, en eenhede word twee keer per dag skoongemaak. Etes kan gereël word by die Hoof Lodge wanneer die bespreking gemaak word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Raptor Retreat Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 158 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false