Regal Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Regal Guest House bied verblyf in Crown Gardens, 'n woonbuurt in Johannesburg. Daar is heelwat besienswaardighede in die omgewing, waaronder Gold Reef City, Southgate Mall, Klipriviersberg Natuurreservaat, die Johannesburg Dieretuin en Observatory Gholfklub.

Ons het slaapplek vir 8 gaste in 4 ruim slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens of 1 koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde kamer is deel van die hoofhuis en het 'n dubbelbed, 'n aparte badkamer met 'n bad, en 'n aparte ingang. Die vierde kamer het 2 driekwartbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Elkeen van die kamers is toegerus met koffie- en teemaakgeriewe.

Ander geriewe sluit 'n swembad, braai-area, gratis WiFi, DStv en veilige parkeerplek op die perseel in.

Daar is ook heelwat doendinge in die omgewing waaronder gholf, zipline, verfbal, ysskaats, voëlkyk, 'n binnenshuise rotsklimmuur, sandplankry en knortjorre.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Regal Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R620 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false