Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

On the 8th

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Flensborgrylaan 823, Langebaan Country Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 060 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

On the 8th is 'n ruim selfsorghuis vir 8 gaste in Langebaan Country Estate. Daar is 'n speelpark aan die voorkant en 'n gholfbaan aan die agterterkant.

Die lieflike huis beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers, 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea en 'n braai-area. Die hoofslaapkamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad en 'n toilet, sowel as 'n aantrekkamer. Daar is WiFi en 'n slim-TV, maar geen DStv nie. Daar is 'n omsetter wat tydens kragonderbrekings krag aan 'n paar ligte, die TV en die WiFi voorsien, asook ekstra ligte wat tydens kragonderbrekings aan bly.

Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en toegang tot 'n aparte badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in hierdie slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad, stort en 'n toilet.

Die moderne oopplan-kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas, eetgerei en breekware toegerus. Etes kan by die toonbank geniet word. 'n Skottelgoedwasser is ook beskikbaar.

Gaste kan in die sitarea voor die TV ontspan en dit lei na die toegeboude braai-area met 'n etenstafel vir 10 en 'n uitsig oor die gholfbaan.

Die landgoed het 'n gemeenskaplike swembad, 'n speelarea vir kinders, 'n gimnasium, 'n spa, 2 tennisbane, put-putbaan, 2 rolbalbane, sokkerveld, 2 doelnette, 'n vlugbalnet, rolbal, stap- en fietrypaaie, voëlkykgeleenthede en 2 restaurante.

Slaapplek

’n Bespreking by On the 8th sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Elektriese kombers
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.9/5

Andriette Geverifieer

Eiendomme 7

Resensies 8

Jaar gelys 3

Ligging

  • Flensborgrylaan 823, Langebaan Country Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 060
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R4 060
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Flensborgrylaan 823, Langebaan Country Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb9fc7198d381c923063dcedc150f8aa951a8407d5224c73dbd90ebc01bd99ddc9381d46bcf0c7680621518e89bdb21a85bf1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 060 per nag (plek vir 8) 823 Flensborg Drive Langebaan Country Estate 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 16:00-19:00 10:00 -33.079713782561 18.046364665321
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem