Victoria-Wes Akkommodasie by Rest-A-While | LekkeSlaap
+33

Rest-A-While

38 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 35 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: H/v Voortrekker- en Kerkstraat, Victoria-Wes, 7070, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R560 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Rest-A-While is 'n gastehuis wat in Victoria-Wes, in die Noord-Kaap, geleë is. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n gerieflike oornagplek onderweg na verskeie bestemmings.

Rest-A-While beskik oor 10 slaapkamers wat mooi versier is. Die kamers beskik oor 'n dubbelbed, 3 enkelbeddens, of 2 enkelbeddens wat omskep kan word in 'n koninggrootte-bed met elektriese komberse. Die kamers het elkeen 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Geriewe in die kamers sluit lugversorging, TV's met sekere DStv-kanale, tee- en koffiemaakgeriewe, mikrogolfoonde en yskassies in. Ontbyt en ander maaltye is beskikbaar indien dit vooraf gereël word en word by die perseel afgelewer.

Die gastehuis is oorkant Karoux Restaurant, Toeka Padstal, Oom Tobie se Slaghuis en Spar waar gaste gerus 'n draai kan gaan maak. Parkeerplek is beskikbaar vir voertuie, die perseel is omhein, en daar is sekuriteitskameras. Rest-A-While is naby verskeie winkels en ander geriewe, sowel as die N12.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 38 resensies vir Rest-A-While
Netheid
4.4/5
Diens
4.1/5
Ligging
4.1/5
Veiligheid
4.2/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • H/v Voortrekker- en Kerkstraat, Victoria-Wes, 7070, Noord-Kaap
  • Gaste dink Rest-A-While het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R560
per nag (plek vir 2)
Vanaf R560
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 35 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: H/v Voortrekker- en Kerkstraat, Victoria-Wes, 7070, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGEwYjM1MmRmLTg4ZDQtNDZkZS05N2RiLWJhZjE3MzhmODU5YQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R560  per nag (plek vir 2) 38 5 1 5 Corner of Voortrekker and Church Street Victoria West 7070 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -31.403697364344 23.117842972263
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za