Rhino River Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Rhino River Lodge is 'n Groot 5-safari lodge aan die oewer van die Msunduze-rivier in die suide van die Zululand Renoster-reservaat. Hierdie privaat wildreservaat van 23 000 ha is in die hartjie van Zoeloeland, 'n area wat bekend is vir sy wil en ryk kulturele erfenis. Die lodge bied 'n intieme en gerieflike safari-ervaring met uitstekende wildkyk-geleenthede en gerieflike akkommodasie.

Ons lodge bied aan gaste bekoorlike en pragtige blyplek. Die houthuisies is ideaal vir gesinne en bied slaapplek vir tot 5 mense. Elke huisie het 2 slaapkamers, 'n gerieflike sitkamer en 'n privaat stoep. Die luukse en suite-dubbelkamers is onder 'n rietdak met 'n privaat-veranda wat uitkyk oor die perseel en die rivier daar onder. Die sitkamer en die eetkamer by Rhino River Lodge is hoog teen die oewer van die Msunduze-rivier en word omring deur manjifieke geelstamvyebome en koorsbome. 'n Gunsteling onder ons gaste is om hul aande in die Boma deur te bring en 'n mengeldrankie om die kampvuur te drink en stories oor hul avonture in die bos uit te ruil. Hierdie aande is 'n onvergeetlike deel van elke gas se ervaring ... Die aroma van die kampvuur, die geluide van Afrika in die nag en die wonder van die sterrehemel. Ons kombuis spesialiseer in kookkuns wat tradisionele Suid-Afrikaanse geure en disse gebruik en ons wynlys is sorgvuldig saamgestel om gaste met 'n paar van die beste, bekostigbare wyne bied wat in Suid-Afrika geproduseer word.

Die swembad bied 'n welkome lafenis vir gaste wat die middag se hitte wil vermy of te ontspan. Wildritte soggens en saans word ingesluit by die tarief. Nagritte, stap-safari's, en die spoorsny van Witrenosters kan gereël word. Ons voëllewe is uitsonderlik met meer as 350 spesies in die om te sien.

Die volgende is in die nabyheid: Hluhluwe/Imfolozi en Mkuze Nasionale Parke, St Lucia, Cape Vidal, olifant-interaksies, Jagluiperdrehabilitasiesentrum, krokodilplaas, Zulu Cultural Village en markie, seekoei en krokodil bootvaarte.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte Ingesluit
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rhino River Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za