Richmond House Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Richmond House se selfsorgkothuise bestaan uit 3 ten volle-toegeruste, luukse eenhede, elk met 'n eie atmosfeer en dekor-tema. Die kothuise is geleë tussen die inheemse Oos-Kaapse bosse in 'n groot, historiese (1840) landgoed met uitsigte, en van dele van die eiendom is daar asemrowende, onvergelykbare uitsigte van die Cowie-rivier en die see, en dis net 'n vinnige stappie na beide toe!
Richmond House Cottages word ook erken as Port Alfred se enigste voëlkyk-vriendelike instansie en is een van 'n handvol sulke instansies in die Oos-Kaap.

Die kothuise het slaapplek vir 2 tot 4 persone, is goed toegerus, gerieflik gemeubileer en word op weeksdae skoongemaak. 'n Wasgoeddiens is ingesluit in die tarief, en Kontinentale ontbyte is opsioneel ekstra. Parkeerplek is beskikbaar op die perseel. Ongelukkig laat ons nie troeteldiere en kinders onder 6 jaar oud toe nie.

Ship Aahoy en Figtree kothuise is toegerus met 2 slaapkamers elk - 1 met 2 enkelbeddens en die ander slaapkamer met 'n dubbel-/enkel- of 'n opsionele koninggrootte-bed indien gereël. Die eenhede het 'n vol badkamer met 'n bad en 'n stort, asook 'n oopplan-kombuis/eet-/sitkamer-area. Fig Tree het ook 'n kaggel vir die winter. Beide kothuise is toegerus met 'n buitelug-patio en 'n ekstra stort wat oop is vir die bome en die sterre.
Sandymount kothuis het 'n romantiese sit-slaapkamer met 'n koninggrootte-bed in die leef-area. Die badkamer het net 'n stort. Die kombuis en die badkamer is goed ontwerp, en daar is ook 'n toegemaakte veranda.

Elke kothuis is toegerus met TV's, Weber-braaigeriewe en verwarmers óf hierdie geriewe is beskikbaar.
Besienswaardighede in en om Port Alfred, die hart van die Sonskynkus: die pragtige Cowie-rivier en 2 Blouvlagstrande, alle rivier-en strandsporte, gholf (baankursus in Port Alfred), wild-en natuurreservate, historiese dorpies (Bathurst is slegs 14 km, en Grahamstad 60 km verder geleë).
Aktiwiteite by Richmond House self: 'n rustige wegbreekplek omring deur bosse en voëlsang is wat ons gaste sal geniet, maar daar is ook 'n private museum en musiekkamer wat gaste kan besoek. (Die Museum huisves die geskiedenis en herwonne artefakte van wat Cock's Castle was in 1840. Aandpartytjies het gereeld daar plaasgevind.) 'n Biljartkamer en kroukie word ook aangebied.

Richmond House kothuise verskaf 'n bekoorlike huis-weg-van-die-huis rusplek op 'n manjifieke kuslyn. Ons het ook 'n boma, ideaal vir skemerkelkies, sowel as 'n biljartkamer, alles op die perseel!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Richmond House Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za