Richtersveld Experience Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 15 % af

Kry 15% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Richtersveld Experience Lodge bied 'n ware Mediterreense atmosfeer. Ons is in die Weskusdorpie, Port Nolloth, in die hartjie van Namakwaland geleë. Dit is 'n stil dorp waar "going nowhere slowly" 'n daaglikse roetine is. Vir die jaarlikse blom-entoesiaste, is ons dorp ook die perfekte basis vanwaar jy jou roetes kan beplan en tussen reise na die Richtersveld kan ontspan.

Daar is iets vir almal by Richtersveld Experience Lodge. Ons bied 6 ruim volledig toegeruste selfsorg-eenhede binne 2 km vanaf die strand en sentrale besigheidsgebied. Ons bied ook sakpaspryse wat ideaal is vir 'n vinnige wegbreek.

Ons eenhede strek van 'n klein, oopplan-eenheid wat ten minste 2 enkelbeddens, 'n kombuis en badkamer bied, tot 'n ruim woonstel met 'n groot slaapkamer wat oor 'n dubbelbed beskik, 2 enkelbeddens in die sitkamer, 'n ruim, volledig toegeruste kombuis en 'n badkamer met 'n bad en stort. Alle eenhede het 'n waaier en 'n daaglikse skoonmaakdiens is op versoek beskikbaar teen bykomende koste.

Daar is 'n gemeenskaplike ontspanningsvertrek met 'n binnebraai, gratis WiFi, volle DStv, 'n pooltafel en veerpyltjiebord. Ons bied ook DStv Easy View in die eenhede of jy kan jou eie dekodeerder en slimkaart bring en in die gerief van jou eie eenheid kyk. 'n Oop binnehof stel jou in staat om reg voor jou eenheid te parkeer.

Port Nolloth Spar het alles wat 'n lui vakansieganger nodig mag kry, alles minder as 2 km van waar jy sal bly, terwyl ons plaaslike apteek 'n verskeidenheid geskenke en medisyne in voorraad het. Kom geniet een van die rustigste plekke op aarde, en maak jou volgende vakansie een om te onthou!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Richtersveld Experience Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 R595 per nag (vir 2 mense)

Kry 15% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za