Clarens Akkommodasie by Ridge Road Estate | LekkeSlaap
+18
+18

Ridge Road Estate

5 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R3 300 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R711, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Geen kinders onder 6

Beskrywing

Ridge Road Estate is sowat 10 km buite Clarens op die R711 geleë. Clarens skuil aan die voorheuwels van die Maluti- en Rooiberge. Verblyf word in die Country House met slaapplek vir 12 en die Windmill Cottage met slaapplek vir 6 aangebied.

Die Country House, wat al toekennings gewen het, is 'n plaashuis met 'n Franse styl en rotspoel. Dis ook troeteldiervriendelik mits dit vooraf gereël word. Die huis beskik oor 6 slaapkamers, 5 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed waarvan 4 in enkelbeddens omskep kan word. Vier slaapkamers het en suite-badkamers en die laaste 2 slaapkamers deel 'n badkamer. Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, 2 yskas-vrieskaste, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n TV met sekere DStv-kanale en daar is braaigeriewe rondom die natuurlike rotspoel.

Die Windmill Cottage het 'n Karoo-styl, is op 'n soliede rots gebou en het swembad. Dit is ook troeteldiervriendelik mits dit vooraf gereël word. Die huis beskik oor 3 slaapkamers met en suite-badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kombuis is volledig toegerus met 'n oond, stoof, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n TV met sekere DStv-kanale en braaigeriewe op die onderdakdek.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 5 resensies vir Ridge Road Estate
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.2/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • R711, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Ridge Road Estate het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 300
per nag (plek vir 6)
Vanaf R3 300
per nag (plek vir 6)
Vanaf R3 300
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R711, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Geen kinders onder 6
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAwRUVvyxklVatoTkiOfTx9AaulohV2aILWEyxLPgciPm2nBPuO5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 300  per nag (plek vir 2) 5 5 1 5 R711 Clarens 9707 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -28.585498 28.401576
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za