Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ridgeview Accommodation

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 13 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ridgeview-weg 218, Umzumbe, 4225, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Ridgeview Accommodation is in Umzumbe, ’n kusdorpie wat as ’n versteekte juweel op die Suidkus bekend staan. Dit is in KwaZulu-Natal en die eiendom bied rustige selfsorgverblyf, weg van die stad se gejaag af.

Ridgeview Accommodation bied verblyf in 1 hoofhuis aan 6 gaste en 1 buite-kamer met ’n koninggrootte-bed aan 2 gaste. Hierdie 2 eenhede kan apart of saam bespreek word vir ’n groep van 8 gaste.

Die hoofhuis het 2 slaapkamers wat elk lugversorging het, sowel as ’n en suite-badkamer. Die huis het ’n oopplansitarea met ’n 40 cm-TV met ’n DVD-speler, OpenView en Netflix. Die goed toegeruste kombuis het ’n yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, mikrogolfoond, stoof, oond, broodrooster, ketel, menger, dubbelwasbak, genoeg ingeboude kaste met glase, breekware en eetgerei. Die huis het ’n groot veranda met braaigeriewe, sowel as ’n ekstra etenstafel met stoele wat ’n uitsig oor die tuin en gedeeltelike see-uitsigte. ’n Privaat Jacuzzi is teen ’n ekstra koste beskikbaar.

Die buite-kamer is aan die agterkant van die huis en het ’n en suite-badkamer met ’n plafonwaaier. Hierdie kamer het ’n 32 cm-TV met ’n DVD-speler, ’n OpenView-dekodeerder en Netflix kan voorsien word. Die eenheid het ’n kombuisie wat met ’n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en basiese kombuisware toegerus is. Daar is ook braaigeriewe onder ’n lapa wat apart van die eenheid is, sowel as ’n buite-wasbak om skottelgoed te was.

Die selfsorgwoonstel beskik oor 1 slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en 'n slaap-area met 'n koningingrootte-bed en enkelbed. Dit bied dus slaapplek aan 5 gaste. Die badkamer het 'n toilet, wasbak en stort. Die kombuis is met 'n ketel, broodrooster, stoof, yskas-vrieskas en oond toegerus. Gaste het toegang tot die dek wat 'n Jacuzzi het.

Linne, badhanddoeke en afdrooglappe word in albei eenhede voorsien. Die eiendom het ’n gedeelde wasgoedkamer met ’n wasmasjien, 2 tuimeldroërs, strykysters en ’n kisvrieskas, teen geen ekstra koste nie. Skoonmaakdienste kan gereël word om wasgoed en strykwerk te doen, teen ’n ekstra koste.

Elke eenheid het ’n kluis en daar is veilige parkeerplek op die perseel. Daar is ook watertenks op die perseel, om seker te maak dat gaste water het tydens hul verblyf.

Die eiendom is naby die Blouvlagstrand, waar daar ’n getypoel is. Hierdie strand is gewild vir swem, branderplankry en visvang.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 15 resensies vir Ridgeview Accommodation
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Lindi Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 15

Jaar gelys 9

Ligging

  • Ridgeview-weg 218, Umzumbe, 4225, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Ridgeview Accommodation het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 13 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ridgeview-weg 218, Umzumbe, 4225, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGVjZGZlMzcwLTM3MjMtNGVjMy1iYTZhLWY1NmIzMzcxYTJiNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2) 15 5 1 5 218 Ridgeview Road Umzumbe 4225 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -30.623967780734 30.541952252315
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem