Rienslia

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Rienslia bied gerieflike selfsorgverblyf in Framesby in Port Elizabeth. Die gastehuis is naby verskeie restaurante, winkelsentrums, die N2 en die middestad.

Verblyf word in 2 pragtige ruim slaapkamers in die gastehuis in 'n rustige tuin aangebied. Die slaapkamers deel 'n badkamer, aparte gaste-toilette, 'n sitkamer en 'n T-kamer met OpenView-kanale. WiFi is beskikbaar.

Rienslia was 'n sorgsentrum en het opritte en handrelings wat dit rolstoelvriendelik en veilig vir gaste met gestremdhede maak. Dié geriewe is ook in die badkamers en toilette beskikbaar.

Daar is 'n onderdak-eetarea en -sitarea buite, en verskeie versteekte plekkies in die tuin. Gaste se sekuriteit is top-prioriteit by Rienslia en daarom is daar streng toegangsbeheer.

Die gashere bied begeleide toere na Addo-olifant Nasionale Park, Tsitsikamma en die res van die Tuinroete, sowel as stadstoere met 'n Franse en Engelse toergids. Hulle weet besonders baie van die stad en Addo-olifant Nasionale Park.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rienslia gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za