Plettenbergbaai Akkommodasie by Rietvlei Country Estate | LekkeSlaap
+33

Rietvlei Country Estate

Selfsorg
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rietvlei-weg 1, Rietvlei, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Die Rietvlei Country Estate is in die Rietvlei/Bitouvallei geleë, duskant die N2 wat na Port Elizabeth lei. Ons is slegs 2,5 km vanaf die middedorp van die pragtige vakansiedorp, Plettenbergbaai met sy pragtige uitsig en strande.

Dié Toskaanse villa het 5 luukse selfsorg-suites. Elke suite beskik oor sy eie balkon met braaigeriewe en pragtige uitsig oor die landskap, welige groen grasperke, veekampe en stalle. Geriewe in die kamers sluit die volgende in: platskerm-TV (LCD) met DStv, volledig toegeruste kombuis/kombuisie, waaiers, elektriese komberse, verwarmers en 'n DVD-speler op versoek. Rook is verbode in die kamers en word net in aangewese areas toegelaat.

Rietvlei Country Estate bied 'n rustige toevlugsoord vir moeë stadsjapies en diegene wat die gedruis van die stadslewe wil ontvlug. Ons sien daarna uit om jou te verwelkom en ons weet sommer jy sal jou tydjie hier geniet. Ons bied ook 'n pendeldiens na die lughawe en elders.

Ons is ideaal geleë vir 'n rustige verblyf in 'n plattelandse omgewing met maklike toegang tot die N2 en slegs 'n hanetree vanaf Plettenbergbaai se middedorp, winkelsentrums, restaurante en strande.

Kenmerke

Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 12 resensies vir Rietvlei Country Estate
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Rietvlei-weg 1, Rietvlei, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rietvlei Country Estate het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rietvlei-weg 1, Rietvlei, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDNhNzNiNGYxLTc4ZTUtNGU3YS1iODJkLTJiM2I1ZmU1Y2UzOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 100  per nag (plek vir 2) 12 5 1 5 1 Rietvlei Road Rietvlei 6600 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.0222266052 23.380515575409
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za