Rietvley Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Rietvley Cottage is in die Koue Bokkeveld naby Op-Die-Berg geleë en bied plaasverblyf. Dis ideaal vir 'n paartjie of gesin wat op soek is na 'n wegbreek in dié vreedsame omgewing.

Dié kothuis beskik oor 1 kamer met 'n koningingrootte-bed en 'n solder met 2 enkelbeddens. Gehalte-linne en -handdoeke word voorsien. Bring asb. jou eie swemhanddoeke. Die kothuis het ondervloerse verhitting en 'n steenkoolstoof. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, stoof, mikrogolfoond en 'n Nespresso-koffiemasjien in die kombuis.

In die somer kan gaste heerlik langs die swembad met sy braai-area ontspan of op die skaduwee-stoep sit. 'n Kuiertjie op dié werkende plaas in die Koue Bokkeveld sal gaste bederf met asemrowende uitsigte, groot oop spasies, asook maklike toegang tot die rotstekeninge en -formasies.

Dis naby genoeg aan Kaapstad vir 'n lekker naweekwegbreek en in die winter kan jy selfs 'n sneeuman hier bou.

Daar is ook baie voetslaan- en bergfietsry-roetes. Kom ervaar die Karoo se rus en vrede onder 'n pragtige sterrehemel.

Slaapplek

'n Bespreking by Rietvley Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort
  •  Ondervloerse verhitting

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Ondervloerse verhitting

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rietvley Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false