Rinkhalskop Safari Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Rinkhalskop Safari Lodge skuil aan die voet van die Rinkhalskopberge sowat 31 km buite Marble Hall in Limpopo. Die natuur in en om die lodge en natuurreservaat is asemrowend en die bome, grasvelde, voëls en wild is volop.

Ons het 17 kamers met en suite-badkamers en toegang tot 'n gemeenskaplike kombuis. Elke kamer het slaapplek vir 2 gaste op 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed, en 'n paar van die eenhede het slaapplek vir 3 gaste. Elke eenheid is toegerus met 'n plafonwaaier en koffie- en teemaakgeriewe.

Die wildritte met sonsopkoms is ideaal vir gaste wat wil sien hoe die son luisterryk oor die bosveld opkom en hoe die kameelperde, njalas, blouwildebeeste, gemsbokke, rooibokke, elande, vlakvarke, en koedoes ontwaak. Gaste kan lekker rondstap in die kamp, in die tuine ontspan en die oorvloedige voëllewe geniet. En die swembad is 'n wenner in die somer. Rinkhalskop Safari Lodge is sowat twee uur en dertig minute se ry vanaf Pretoria.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rinkhalskop Safari Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]