- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Donkinstraat 91 - 93, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
- Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
River Bend Cottages is in 'n historiese gebou wat in 4 moderne kothuise omskep is en is 5 minute se ry vanaf Graaff-Reinet se restaurante en winkels.
Al die kothuise het 'n aparte slaapkamer, en suite-badkamer, 'n sitarea, 'n kombuis en 'n buite-area. Daar is WiFi en elke kothuis het 'n privaat ingang. Self-inklok en -uitklok word deur middel van 'n sleutelboksie gedoen. Daar is veilige parkeerplek op die perseel.
Kothuis 2 het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Daar is 'n stort en 'n toilet in die badkamer en die oopplan-kombuis is met 'n oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel en broodrooster toegerus. Die sitarea het 'n slaapbank wat ook as 2 dik matrasse opgemaak kan word. Daar is 'n buitebraai en 'n buitetafel op die groot privaat stoep en parkeerplek met direkte toegang tot die kothuis.
Kothuis 3 het lugversorging en slaapplek vir 4 gaste. Dit beskik oor 'n slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die oopplan-kombuis is met 'n oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel en broodrooster toegerus. Die sitarea het 'n slaapbank wat ook as 2 dik matrasse opgemaak kan word. Daar is 'n lessenaar en 'n TV, asook 'n buitebraai en 'n buitetafel op die stoep. Parkeerplek op die perseel word gebied met direkte toegang tot die kothuis.
Kothuis 4 bied slaapplek aan 5 gaste en het lugversorging en 'n koninggrootte-bed. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die kombuis is met 'n oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel en broodrooster toegerus en daar is 'n etenstafel. Die sitarea het 2 slaapbanke. Een vou oop as 2 dik matrasse en die ander is geskik vir 'n kind. Die eenheid het ook 'n TV en daar is 'n buitebraai en veilige parkeerplek met direkte toegang tot die kothuis.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Annemarie Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 37
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Donkinstraat 91 - 93, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
- Gaste dink River Bend Cottages het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Graaff-Reinet Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Donkinstraat 91 - 93, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap