River Club 4161

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

River Club 4161 is 'n ruim en modieuse selfsorghuis in 'n doodloopstraat naby die rivier in die gewilde River Club-kompleks. Die River Club is op die Piesangrivier geleë, sowat 1,2 km vanaf Robbergstrand en 550 m vanaf 'n klein winkelsentrumpie.

Die enkelverdiepinghuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea.

Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, handstort, stort, bidet en 'n toilet. Die en suite-badkamer bied toegang tot 'n privaat binnehof met 'n buitestort met warm en koue water. Die slaapkamer bied ook toegang tot 'n stoep. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer met 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak. Die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste. Die sitkamer het deure wat op 'n onderdakstoep met meubels en Weber-braaigeriewe oopmaak. Daar is 'n ingeboude vuurput vanaf die stoep en dit verleng tot op 'n netjiese stuk grond wat oor die rivier kyk. Parkeerplek is in 'n toesluit-dubbelmotorhuis en in die doodloopstraat beskikbaar. Onbeperkte WiFi is beskikbaar.

Die River Club het ook 'n omheinde varswaterswembad, 2 muurbalbane, 2 tennisbane en 24 uur-sekuriteit met toegangsbeheer.

Slaapplek

'n Bespreking by River Club 4161 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na River Club 4161 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 580 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false