River Kaya Accommodation
- Kapasiteit: 23 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Deel 16 Erf 713, Oyster Bay-weg, St Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R700 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Die River Kaya bied uitstekende selfsorgverblyf langsaan die Krommerivier, net 12 km van St. Francis af, een van die top-vakansiebestemmings op die pragtige Tuinroete. Dit is omtrent 8 km van die St. Francisbaai-monding.
River Kaya bied 3 aparte verblyf-opsies: Die Fish Eagle-selfsorghuis met slaapplek vir 9 gaste, Die Woodpecker Shack met slaapplek vir 9 gaste en doe Kiewiet met slaapplek vir 6 gaste. Die Fish Eagle is ideaal vir groter groepe wat wil wegbreek, 'n spesiale verjaarsdag of enige ander geleentheid wil vier. Die huis het 5 slaapkamers (2 met en suite-badkamers). Daar is koningingrootte-beddens in 2 van die slaapkamers, dubbelbeddens in die ander 2 slaapkamers en 'n driekwartbed in die laaste kamer. Daar is 2 addisionele, aparte badkamers vir die hele huis. Die groot, oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetkamer is die perfekte onthaalarea. Ontspan op die dek (195 m²) aan die voorkant van die huis wat oor die pragtige Krommerivier uitkyk en teug aan 'n skemerkelkie terwyl jy 'n geselsie aanknoop. Die braai-area is lekker beskut.
Die Woodpeckers Shack is ideaal vir 'n pa-en-seun-naweek of gesinswegbreke. Daar is 4 slaapkamers. Twee slaapkamers het 'n dubbelbed of koningingrootte-bed en die ander 2 het stapelbeddens. Die badkamergeriewe sluit 'n slegs storte in. Daar is 'n oopplan-braaiarea en -sitkamer.
Die Kiewiet beskik oor 3 slaapkamer met 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Al 3 slaapkamers het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-stort.
Daar is 'n venue langsaan die rivier beskikbaar wat geskik is vir tot 80 mense indien vooraf gereël. Daar is heelwat doendinge in die area soos visvang, kajak vir groepe van tot 12 mense, voetslaanroetes, bergfietsroetes, ontspanning en voëlkyk.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Deel 16 Erf 713, Oyster Bay-weg, St Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
- Gaste dink River Kaya Accommodation het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kouga-Omgewing Oos-Kaap
- Kapasiteit: 23 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Deel 16 Erf 713, Oyster Bay-weg, St Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom