LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by River Valley Farm | LekkeSlaap
+31

River Valley Farm

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Plot 42 Hamelkop, 16 km van Klein-Brakrivier af, 6503, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 750 per nag (vir 8 persone)

Beskrywing

River Valley Farm bied selfsorgverblyf op ’n pragtige, organiese plaas diep in die woud van die Outeniekwaberge op die Moordkuilrivier, 20 km vanaf Mosselbaai. Die rivier vloei die hele jaar lank deur die eiendom en gaste is welkom om te swem of vis te vang. Dié plaas, waarop daar vrugtebome en voëllewe is, is die perfekte wegbreek vir natuurliefhebbers.

Selfsorgverblyf word gebied in ’n tradisionele plaashuis wat deur bome en diverse plantegroei omring word. Die eienaars is omgewingsbewuste meubelmakers wat rustieke meubels vervaardig en die plaashuis stel hulle unieke styl ten toon, met natuurlike houtmeubels en besonderse beddens en stoele.

Die eerste slaapkamer het ’n koningingrootte-bed en ’n enkelbed. Die tweede slaapkamer het ’n dubbelbed. Die klein solderkamer het 1 enkelbed wat geskik is vir kinders. Die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens wat opgemaak kan word as ’n koninggrootte-bed indien dit versoek word.

Die kombuis is goed toegerus met ’n stoof, oond, yskas, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware. Daar is ’n etenstafel met sitplek, sowel as ’n kaggel en 'n handgemaakte stoel. Die knus leefarea bied gerieflike sitplek. Buite is daar ’n onderdakstoep met buitemeubels en ’n braai-area wat onder wingerd- en jasmynranke skuil.

Buite is ’n spoeltoilet en stort, asook ’n unieke kompostoilet.

Gaste is welkom om die plaas self te verken. Daar groei organiese vrugte en groente en daar is ’n verskeidenheid diere, insluitend eende, ganse, hoenders, honde, katte en visse wat 'n oorvloed vars plaaseiers beteken. Die huis is in ’n veilige, plattelandse omgewing en bied die geleentheid om te ontspan en weg te kom van die normale gejaag van die lewe.

Slaapplek

’n Bespreking by River Valley Farm sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Kinderbed vir 1
Slaapkamer 4
Plek vir 1 persoon
1 xKinderbed vir 1

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Plot 42 Hamelkop, 16 km van Klein-Brakrivier af, 6503, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 750
per nag (vir 8 persone)
Vanaf R2 750
per nag (vir 8 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Plot 42 Hamelkop, 16 km van Klein-Brakrivier af, 6503, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6b288e6d75f5dea7a7798b15a5197936c535f459822170b1ce0f171a8bdfef2728e90711846db54c96a649e879a534b4601a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 750  per nag (vir 8 persone) Plot 42 Hamelkop 16 km from Klein Brak River 6503 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-21:00 12:00 -33.979039635474 22.097293541753
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!