Piesangvallei Akkommodasie by Riverclub 4217 | LekkeSlaap
+17

Riverclub 4217

8 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Zambezi-singel 4217, The River Club, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 250 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Riverclub 4217 is 'n luukse, ruim en goed toegeruste selfsorghuis wat sentraal geleë is in die Riverclub-kompleks aan die oewer van die Piesangrivier in die kusdorpie Plettenbergbaai. Hier kan jy heerlik rus en ontspan. Hierdie vyfslaapkamerhuis bied eersteklas-akkommodasie vanwaar die area se asemrowende strande, ongelooflike woude en natuurskoon verken kan word. Dit is ook net 5 minute se ry van die gholfbaan en gimnasium af.

Die sekuriteitskompleks bied 'n varswaterswembad wat omhein is, maar nie bedek is met 'n net nie. Daar is ook 2 tennisbane en muurbalbane. Dit is 10 minute se stap van Central Beach en Beacon Isle-winkelsentrum af waar jy 'n Spar, apteek, tandarts, dokter, drankwinkel en verskeie restaurante kan aantref.

Hierdie luukse huis is sonnig en lugtig aan die binnekant. Die dekor bestaan uit minimalistiese, neutrale sandskakerings en goeie gehalte afwerkings. Die groot oopplan-leefarea lei na 'n patio met buitelug-eetkamergeriewe wat uitkyk oor 'n visdam en pragtige tuine. Daar is ondervloerse verhitting in die leefareas en 'n gaskaggel in die sitkamer vir die koeler wintermaande.

Die grondvloer bestaan uit 'n oopplan-sitkamer, 'n eetkamer wat lei na 'n patio met braaiplek, 'n ten volle toegeruste kombuis met 'n skottelgoedwasser, 'n tuimeldroër, wasmasjien, dubbeldeur-yskas/vrieskas, mikrogolfoond en stoof. Daar is 1 luukse kamer met 2 enkelbeddens, 'n gastebadkamer en 'n dubbelmotorhuis.

Die eerste verdieping bestaan uit 4 ruim, luukse slaapkamers. Daar is 3 dubbelkamers en 1 kamer met 2 enkelbeddens. Drie van die kamers lei uit na balkonne. Die dubbelkamers beskik elk oor 'n en suite-badkamer met 'n bad, 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Die kamet met twee enkelbeddens het toegang tot 'n aparte badkamer met 'n bad, 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Al die kamers lei na 'n TV-kamer.

Daar is TV's op die grondvloer en eerste vloer met plaaslike kanale en 'n DVD-speler met 'n klankstelsel. Volle DStv (Explora) is beskikbaar teen addisionele koste buite seisoen, maar binne seisoen is dit ingesluit by die tarief. Ander geriewe in die huis sluit in 'n kampkot, babastoel, loopring, tennisrakkette en -balle, strandstoele, 'n sonsambreel, strandrakette en -balle, "boogie-boards", strandhanddoeke, elektriese warmkomberse, verwarmers en waaiers, en 'n kluis in die hoofslaapkamer vir waardevolle besittings. Daar is 24-uur sekuriteit en veilige parkering. 'n Skoonmaakdiens is ook teen ekstra koste beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Riverclub 4217 sluit in:

Koningingrootte-bed Kinderbedjie
Slaapkamer 1
Plek vir 3 persone
1 xKoningingrootte-bed
1 xKinderbedjie
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 8 resensies vir Riverclub 4217
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Zambezi-singel 4217, The River Club, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Riverclub 4217 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 250
per nag (plek vir 10)
Vanaf R2 250
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Zambezi-singel 4217, The River Club, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQ2ZWE1MTVjLTVhNzUtNDcyMi05ZGI2LWYwZjE0ODkyYWVkMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 250  per nag (plek vir 10) 8 5 1 5 4217 Zambezi Crescent The River Club 6600 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.061214249845 23.367504179478
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za