Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rivergate Gatehouse Cottage

Selfsorg
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wortelgatpad, Stanford, 7210, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R6 800 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Rivergate Gatehouse Cottage bied selfsorgverblyf op 'n werkende plaas op die oewer van die Kleinrivier. Dit is net 2 km vanaf Stanford. Hierdie plaas is die tuiste van 'n verskeidenheid plaasdiere insluitend alpakkas, hoenders en miniatuur donkies. Die diere dra by tot die outentieke en ongekunstelde bekoorlikheid van die plaaslewe.

Dié ruim dubbelverdiepingkothuis beskik oor 3 en suite-slaapkamers en bied slaapplek aan 6 gaste. Daar is 2 slaapkamers met 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word, terwyl die derde slaapkamer 'n koningingrootte-bed het. Al 3 badkamers is het 'n instapstort. Die kombuis het 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond en ketel. Die leefarea het 2 etenstafels, 'n gemaklike sitkamerstel en 'n kaggel. Die kothuis lei na 'n privaat stoep met 'n etenstafel, ingeboude braaigeriewe, 'n knus sitarea en 'n swaai. Die stoep lei na 'n privaat tuin met 'n KolKol-houtvuurbad.

Daar is 'n welige groentetuin op die perseel wat vars produkte aan die gastehuis en restaurant voorsien. Gaste het dus 'n kans om aan vars en organiese groente te smul. Die restaurant op die perseel is oop vir middagete op Saterdae en bedien heerlike etes. Andersins kan gaste braaimandjies, kaasborde of ander etes bestel om in die privaatheid van hul eie kothuis te geniet.

Die plaas bied toegang tot 'n rivier op die perseel waar gaste kan visvang, swem, kanovaar en staanplankry. Gaste is ook welkom om die bekoorlike dorpie Stanford te verken, wat net 'n entjie ver is. Stanford het 'n rits oulike winkels, galerye en eetplekke. Die area bied ook talle geleenthede vir natuurwandelinge, voëlkyk en wynproe.

Slaapplek

’n Bespreking by Rivergate Gatehouse Cottage sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Rivergate Gatehouse Cottage
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

5/5

Bianca Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 5

Resensies 1

Maande gelys 12

Ligging

  • Wortelgatpad, Stanford, 7210, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rivergate Gatehouse Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R6 800
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R6 800
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wortelgatpad, Stanford, 7210, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa241f65a27c001809d65aca6bc09951b8e864537886a78f33643cf9fe0e0fe1454f550b695616e2a904261eb5945e265ce09?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 800 per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 Wortelgat Road Stanford 7210 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.429639753208 19.422109686986
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem