Riverside Country Estate 10B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Riverside Country Estate 10B bied selfsorgverblyf in 'n veilige kompleks in die bekoorlike Secunda. Die dorp is ideaal vir gaste op soek na 'n ontspannende toevlugsoord en spog met uitstekende mensgemaakte en natuurlike besienswaardighede.

Dié losstaande eenheid het slaapplek vir 3 gaste en beskik oor 1 slaapkamer. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Daar is ook 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die kombuisie het 'n mikrogolfoond, yskas en 'n elektriese braaipan. Daar is ook 'n TV met Openview HD en 'n braai-area.

Gaste kan die besienswaardighede in die omgewing besoek soos die Graceland gholfklub, Lake Umuzi waterfront, Graceland Casino, Secunda Mall en Grootdraaidam.

Slaapplek

'n Bespreking by Riverside Country Estate 10B sluit in:

1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Riverside Country Estate 10B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 190 per nag (vir 3 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za