Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Riverside Manor

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Riverside-laan 9, Onrus, 7201, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R10 300 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Riverside Manor bied 'n luukse vakansie in 'n pragtige herehuis met 'n panoramiese uitsig op die Overberge en oor die rustige omgewing van die Onrusrivier. Dit is net 'n klein ent se ry vanaf Hermanus.

Die kunstig ontwerpte huis met 'n pragtige tuin is ruim en spog met uitsigte vanuit elke kamer. Daar is ook 'n jetty op die rivieroewer vanwaar gaste kan staanroei en kajakvaar.

Die huis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers met 5 badkamers. Die hoofslaapkamer op die eerste verdieping het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n groot stort, 'n instap-aantrekarea, 'n wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer is ook op die eerste verdieping en het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, wasbak en 'n toilet. Die gaste in dié 2 slaapkamers deel 'n privaat TV-sitarea en kantoorarea met toegang tot 'n balkon met 'n uitsig oor die Onrusrivier-strandmeer, inheemse bos en die swembad op die perseel.

Op die onderste verdieping het die derde slaapkamer 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Dit bied ook toegang tot die stoep met 'n uitsig oor die binnehoftuin, vuurput en buite-eetarea. Langs die derde slaapkamer is daar nog 'n TV-sitarea met 'n groot platskerm-TV. Die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die vyfde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Langsaan is daar 'n gastebadkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Skoon linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, lugbraaier, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. In die aparte opwaskamer is daar 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Dit lei na 'n eetarea met 'n etenstafel vir 10 en 'n derde TV-sitarea met gemaklike sitplek en 'n kaggel. Die oopplan-leefarea lei na 'n groot sondek.

Op die binnehofdek is daar 'n draagbare gasbraai, 'n tafeltennistafel, 'n etenstafel, 'n sitarea en 'n vuurput. Daar is nog 'n dek met 'nsitarea op die rivieroewer langs die soutwaterswembad. Die jetty is net 'n paar trappies van die dek af.

Veilige parkeerplek op die perseel en WiFi is beskikbaar.

Die huis is stapafstand vanaf Onrusstrand, verskeie koffiewinkels en restaurante. Onrus is uitstekend vir stap al langs kuspaadjies en ideaal vir natuurliefhebbers.

Slaapplek

’n Bespreking by Riverside Manor sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.7/5

Corné Geverifieer

Eiendomme 53

Resensies 27

Jaar gelys 2

Ligging

  • Riverside-laan 9, Onrus, 7201, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Onrus Overberg Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R10 300
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R10 300
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Riverside-laan 9, Onrus, 7201, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1c6a3c8a3a357122d109e8a9e693d0de3702265e1481d547025d92e80cb3ae7bc3401e11718eaf9f7a04f08b461a586849d5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R10 300 per nag (plek vir 10) 9 Riverside Avenue Onrus 7201 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.415819139796 19.176124268717
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem