Riversong Farm
- Kapasiteit: 14 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Riversong Plaas GK31, Pad P1526, Stilbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Riversong Farm is 'n 175 ha-plaas aan die oewer van die vreedsame Goukourivier. 13 km van ons af mond dié pragtige rivier by die Indiese Oseaan by Stilbaai uit, 'n tradisionele, gewilde kusdorpie met uitstekende Blouvlagstrande en geleentheid vir branderplankry.
Riversong het sy naam te danke aan die ongelooflike voëllewe op die plaas. Hier ontwaak jy soggens met die geluid van visvangers en wewers, en raak jy saans aan die slaap met die geroep van uile en naguile. Verder bied die plaas 'n tuiste aan geliefde honde, katte en skape, 'n perd asook donkies wat gered is.
Ons bied verblyf in hout-chalets en die hoofplaashuis. Albei is ten volle vir selfsorg toegerus en braaihout word voorsien. 'n Kano is tot gaste se beskikking en 'n boot met 'n 25 perdekrag-enjin en 2 staanroeiplanke is te huur.
Die plaas word omring deur lekker lang voetslaan- en bergfietsroetes. Riversong Plaas strek 5 km ver deur klowe en heuwels, verby varswaterdamme en grotte met Boesmantekeninge. Die plaas grens ook aan pragtige fynbos met proteas en riete.
Jy kan 'n bootvaart na die dorpie onderneem, gaan swem, waterski of op die see vaar, en ons het 'n jetty en skeepshelling vanwaar jy al hierdie avonture kan aanpak. Die Goukou-riviermond word deur die gety beïnvloed en is dus heeljaar lekker diep, skoon en veilig.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Piers Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 10
Jaar gelys 6
Ligging
- Riversong Plaas GK31, Pad P1526, Stilbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
- Gaste dink Riversong Farm het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 14 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Riversong Plaas GK31, Pad P1526, Stilbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom