Clarens Akkommodasie by RiverWalk Bed and Breakfast | LekkeSlaap
+21
+21

RiverWalk Bed and Breakfast

  • Vanaf R750 per nag (vir 1 persoon)
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 387 Church Straat, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Geen kinders onder 12

Beskrywing

Riverwalk is geleë in die rustige dorpie Clarens. Dit is ver genoeg van die middedorp se rumoer af, maar stapafstand van die gewildste kunsgalerye, restaurante en winkels af. Aangesien ons in 'n rustige doodloopstraat geleë is, is vreedsame, stil verblyf met ongelooflike uitsigte op die berge en woudgebiede gewaarborg. Wilde tarentale loop vry hier rond en op die grens van die landgoed is 'n kabbelende stroompie met wilger- en populierbome wat bydra tot die idilliese atmosfeer waarvoor Clarens so bekend is.

Elke kamer het 'n weelderige badkamer en 'n privaat ingang wat lei na 'n stoep. Ons is trots op die gehalte van ons meubels en linne en elke kamer het 'n luukse verwelkomingskinkbord met sjerrie, tuisgemaakte beskuit, koekies, sjokolade en gefiltreerde water.

Ontbyt word bedien op die tweede vloer in 'n eetkamer met 'n stoep wat ongelooflike uitsigte oor die omgewing bied. Indien jy nie Clarens se uitstekende kookkuns wil beproef nie, kan middagete en aandete op versoek aangebied word. Die stoep is die ideale plek om 'n skemerkelkie of 'n informele braai te geniet.

Ontbyt word tussen 07:00 en 09:00 gedurende die week en tussen 08:00 en 09:00 gedurende naweke bedien. Braaigeriewe op die stoep kan gereël word en internettoegang en faksgeriewe is by die ontvangs beskikbaar vir maksimum 10 gaste op 'n slag.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Televisie
  • Videospeler
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 97 resensies vir RiverWalk Bed and Breakfast
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • 387 Church Straat, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink RiverWalk Bed and Breakfast het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R750
per nag (vir 1 persoon)
Vanaf R750
per nag (vir 1 persoon)
Vanaf R750
per nag (vir 1 persoon)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 387 Church Straat, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRkYjVmNTI5LTBiNjYtNGEzZS04ODIxLWU2YTNjMDdlYTgxZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R750  per nag (vir 1 persoon) 97 5 1 5 387 Church Street Clarens 9707 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -28.513160988885 28.420823717583
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za