Rockford Lodge
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rockfordplaas, Hogsback, 5721, Oos-Kaap
- Vanaf R4 400 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Rockford Lodge is 'n bekoorlike selfsorghuis wat net 14 km vanaf Hogsback geleë is. Hogsback is vir sy natuurlike skoonheid en asemrowende landskappe bekend. Hierdie dorpie is teen die hange van die Amatolaberge en word deur inheemse woude, watervalle en skilderagtige staproetes omring.
Dié huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die ander 3 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Een van die 2-enkelbedkamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die gaste van die ander slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster, ketel, yskas-vrieskas en die nodige eetgerei en breekware toegerus. Daar is 'n etenstafel met sitplek vir 8 waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die aangrensende sitarea het gemaklike rusbanke en 'n kaggel vir daardie koue winteraande.
Die onderdakstoep het 'n etenstafel met stoele en spog met 'n pragtige uitsig oor die weivelde wat na die Klipplaatrivier strek. Braaigeriewe is ook beskikbaar. Die Klipplaatrivier het talle skilderagtige plekke en diep poele om te verken. Gaste het toegang tot parkeerplek op die perseel.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Selfsorg
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ligging
- Rockfordplaas, Hogsback, 5721, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Amathole-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rockfordplaas, Hogsback, 5721, Oos-Kaap