Rocky Aloe Lodge
Beskrywing
ROCKY ALOE LODGE is 'n B&B-Boetiek Lodge wat spesialiseer in romantiese naweekwegbreke. Ons is geleë net buite Krugersdorp en grens aan die Krugersdorp Wildreservaat. Die lodge het 'n uitsig op die Wildreservaat en die nabygeleë watergat.
Ons het 5 luukse, privaat, losstaande suites, elk met 'n dek wat 'n wonderskone uitsig oor die Krugersdorp Wildreservaat bied.
Die Lodge voorsien:
* Privaatheid
* Rustige inheemse tuine
* Groot swembad
* Boma vir kampvure
* Buitepos na die Wildreservaat
Spesiale bederfies soos 'n piekniek-ontbyt op die suite se dek of 'n kaas en wyn by die buitepos kan gereël word.
Ons watergat in die natuurreservaat lok heelwat wild vroeg in die oggend en in die laatmiddag. Gedurende die wintermaande smul kameelperde heerlik aan die sade van ons Papierbasbome.
Ons suites is luuks en ruim.
Suites:
* Koninggrootte beddens
* Egiptiese katoenlinne
* Sproeibad (jet bath)
* Klipstorte
* Dubbelwasbak
* Oopplan badkamer
* Koffiekroeg
* Yskassie met drankies
* Uitkykpunt met uitsig oor natuurreservaat
Ons spesialiseer in romantiese naweekwegbreke.
Kenmerke
- Afrikaans
- Swembad
- Jacuzzi
- Troeteldiere indien gereël
- Rolstoelvriendelik
- Veilige Parkering
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- Swembad
- Jacuzzi
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Rolstoelvriendelik
- Konferensiegeriewe
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Blaaibord
- Skootrekenaar-projektor
- Televisie
- Videospeler
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Piekniek-middagete
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Rocky Aloe Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |