Rohrs Farm Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Rohrs Farm Guesthouse is 'n ruim plattelandse huis op 'n plaas waar Remo en Heidrun jou in Duits, Afrikaans en Engels sal verwelkom.

Die vrede en stilte, kalmte en treffende uitsigte is van die dinge wat gaste weer laat terugkeer. Voëlsang wek gaste waarna hulle 'n Kontinentale ontbyt geniet, bedien in die ruim sit- en eetkamer of op die stoep met 'n lieflike uitsig oor die groot, goedversorgde tuin en oop ruimtes.

Elke kamer is ruim en beskik oor 'n privaat ingang vanaf die goedversorgde tuin.

Heyshoopdam is nabygeleë en Swaziland is sowat 50 km ver geleë. Wakkerstroom, bekend vir skermsweef en die pragtige vleilandvoëlkykreservaat, is 70 km van ons af.

Vir mense wat tussen die Krugerwildtuin en KwaZulu-Natal of die Indiese Oseaan reis, is ons gastehuis die perfekte plek vir oornagverblyf.

Die Duitse immigrante het in 1859 na dié gebied getrek en sedertdien woon 'n vierde- en vyfde geslag Duitse-gemeenskap hier.

Kom geniet die vrede en stilte, lieflike uitsigte en oorvloedige voëllewe.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rohrs Farm Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R695 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za