Rooiheuwel Cottage
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rooiheuwel Farm, Wellington, 7654, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 200 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Rooiheuwel Cottage is 'n bekoorlike selfsorg-eenheid op 'n plaas in Wellington in die Wes-Kaap. Dit is ideaal vir 'n gesin of vriende wat op soek is na verblyf in 'n rustige omgewing ver van die rep en roer van die stad af.
Die kothuis het 'n oopplan-leefarea en is uniek versier, toegerus met 1 dubbelbed, 1 dubbelstapelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die eetarea het 'n tafel met plek vir 4 persone. Die kombuisie beskik oor 'n yskassie, mikrogolf, tweeplaatstoof, braaipan, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Linne en handdoeke word voorsien.
Gaste kan lekker op die stoep sit of braai en hulself verlustig in die lieflike uitsigte oor die plaas. Veilige parkeerplek is beskikbaar vir 1 motor en net 'n klein entjie van ons af kan jy verskeie doendinge raakloop. Daar is 'n hele paar kelders wat kaas- en wynproe bied en daar is ook staproetes in die natuur, vrugtepluk-geleenthede, restaurante en curio-winkels.
Slaapplek
’n Bespreking by Rooiheuwel Cottage sluit in:
Opsomming van Resensie
Ligging
- Rooiheuwel Farm, Wellington, 7654, Wes-Kaap
- Gaste dink Rooiheuwel Cottage het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rooiheuwel Farm, Wellington, 7654, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom