Rooiheuwel Holiday Farm
- Kapasiteit: 104 persone
-
Inkloktyd: 10:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rooiheuwel, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R400 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Rooiheuwel is 'n selfsorg-gasteplaas in die Kaoo. Dis geleë op die pragtige platorand van die Nuweveldberge in die Groot Karoo met sy tipiese Karoo-berglandskap. Ons is sowat 80 km wes van Beaufort-Wes en 60 km noord van Leeu-Gamka.
Verblyf is beskikbaar in 'n plaashuis, 'n plaasopstal met 'n kaggel (ideaal vir oornagverblyf), 'n skaapwagterhuis (kliphuisie) in die veld, en 'n kampeerterrein onder doringbome met ablusiegeriewe en elektrisiteit.
Ons nuutste eenheid "Grootdroom" is 'n pragtige berg-chalet aan die oewer van 'n droë rivierbedding wat deur die Nuweveldberge omring is. Hierdie vakansiehuis is ingerig vir gerieflike verblyf met 'n 12 volt-sonkragstelsel wat elektrisiteit verskaf vir toestelle soos die yskas en ligte.
Die Karoo is 'n reuse semi-woestyn met die grootste verskeidenheid vetplante in die wêreld, veelsydige flora asook 'n verskeidenheid primate, wild, reptiele, ongewerwelde diere en voëls.
Rooiheuwel is 'n veilige en ideale bestemming reg deur die jaar vir stappers (eerste groenvlag-toegekende staproete in die Karoo), voëlkykers, 4x4 toergroepe, dubbeldoel-motorfietsryers, bergfietsryers, perderuiters, konferensiegroepe, omgewings-opvoedkundige groepe en kampeerders.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Flip & Marge Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 19
Jaar gelys 11
Ligging
- Rooiheuwel, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
- Gaste dink Rooiheuwel Holiday Farm het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Groot-Karoo Wes-Kaap
- Kapasiteit: 104 persone
-
Inkloktyd: 10:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rooiheuwel, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom