Roratau Tented Bush Camp
Beskrywing
Roratau Tented Bush Camp is in die Leeuwgedacht Bewarea geleë en bied gerieflike permanente tente.
Daar is 5 tente met 'n elektriese heining, Koedoe en sebra wat albei slaapplek vir 2 het, en Blesbok, Blouwildebees en Rooibok wat almal slaapplek vir 4 het. Die tente met slaapplek vir 2 beskik oor koningingrootte-beddens, en die tente met slaapplek vir 4 beskik oor koningingrootte-beddens en dubbelslaapbanke. Elke tent het 'n en suite-badkamer met 'n stort, en linne en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet asseblief hulle eie swemhanddoeke saambring.
Elke tent het 'n kombuis wat toegerus is met 'n tweeplaatstoof, yskas, eetgerei en breekware. Daar is egter nie mikrogolfoonde nie. Elke tent het ook braaigeriewe langs die privaat borrelbad wat deur die son verhit word, sowel as skadu-parkeerplek. Hout en houtskool is by die kamp te koop.
Daar is 'n boma met 'n braai-area vir groepbesprekings en 'n restaurant en kontantkroeg met DStv. Dit is stapafstand vanaf die tente by die aangrensende lodge en dag-spa.
Roratau beteken "plek waar die leeus brul" en is ideaal as jy snags die leeu, hiëna, jakkals en uil se geroep wil hoor. Die kamp spog ook met 'n hele klomp ander wildspesies, soos koedoes, rooihartbeeste, blouwildebeeste, blesbokke, sebras, kameelperde en vlakvarke wat vanaf die tente gewaar kan word. Daar is 'n hele rits voetslaan- en bergfietsry-roetes in die omgewing en wildritte kan op versoek gereël word.
Kenmerke
- Afrikaans
- Braaiplek
- Veilige Parkering
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Roratau Tented Bush Camp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |