Rose & Ivy Guest House
Kry 10% af. Geldig vanaf 6 Jan 2021 tot 29 Jan 2021.
-
Voorkeurvennoot
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ledigstraat, Rondebosch, Louis Trichardt, 0920, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 200 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Rose & Ivy Guest House bied gehalteverblyf en is in die buitewyke van Louis Trichardtlaan. Dié gastehuis is ideaal vir 'n gesin of 'n groep vriende wat op reis is na die Krugerwildtuin of oor die grens. Die kothuise skuil in die bosveld, maar 'n mens hoef nie 'n slegte grondpad te ry om dit te bereik nie.
Elke kothuis het slaapplek vir 4 tot 5 gaste in 2 slaapkamers met lugversorging. Rose Cottage het 2 en suite-kamers, en die badkamer in Ivy Cottage word gedeel. Rose Cottage se hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is 2 driekwartbeddens in die tweede slaapkamer. Ivy Cottage het slaapplek vir 5 gaste op 'n koninggrootte-bed in die hoofslaapkamer en 'n dubbel- en enkelbed in die tweede slaapkamer. Die Lavender Cottage is oopplan en het 'n koningingrootte-bed. Die en suite-badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n aparte toilet.
Die oopplan-kombuis is toegerus met alles wat jy benodig vir sorgelose selfsorgverblyf. Die sitkamer het gerieflike sitplek en 'n platskerm-TV met volledige DStv. Die WiFi rondom die kothuise is gratis.
Etes is nie beskikbaar nie, maar voorraad in die spens en die yskas kan voorsien word teen ekstra kostes.
Rose & Ivy Guest House bied gratis, veilige parkeerplek op die perseel.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Ledigstraat, Rondebosch, Louis Trichardt, 0920, Limpopo
- Gaste dink Rose & Ivy Guest House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Louis Trichardt Limpopo
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ledigstraat, Rondebosch, Louis Trichardt, 0920, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom