LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Rose Acres Guest House | LekkeSlaap
+55

Rose Acres Guest House

87 resensies
Gastehuis
Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Middelstraat 6, Parys, 9585, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R680 R612 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Rose Acres Guest House is in die hartjie van Parys in die Vrystaat geleë. Dis gerieflik na aan die hoofroetes en net 'n uur vanaf Johannesburg en 2 ure vanaf Pretoria.

Ons bied verblyf in 8 gaste-suites, elkeen met 'n oop en suite-badkamer (stort alleen) en 'n privaat ingang vanuit die tuin. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien. Geriewe in die kamer sluit 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe in. Al die suites het 'n oopplan-ontwerp met geen kookgeriewe nie. Kamer 5 het slaapplek vir 3 volwassenes, of 2 volwassenes en 1 kind.

Gaste kan ook gebruik maak van die gemeenskaplike braaigeriewe en daar is veilige onderdak parkeerplek. Indien 'n groep van die braaigeriewe gebruik wil maak, moet daar asseblief vooraf met eienaar gereël word. Bespreek ook jou spesiale geleentheid soos 'n verlowing, hernuwing van huweliksbeloftes, verjaardae of huweliksherdenking vooraf met die eienaar. Klein funksies kan gehou word in die braai-area asook die gebruik van die kapel op versoek. Minimum 2 - 10 persone word vereis.

Ons is na aan die middedorp met sy groot verskeidenheid winkels, banke, vermaaklikheidsgeriewe, 'n keur van goeie restaurante en ander doendinge soos river rafting, sky diving en ons eie bierbrouery "Dog and Fig".

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 87 resensies vir Rose Acres Guest House
Netheid
4.9/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Middelstraat 6, Parys, 9585, Vrystaat
  • Gaste dink Rose Acres Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R680
Vanaf R612
per nag (plek vir 2)
was R680
Vanaf R612
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Middelstraat 6, Parys, 9585, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQ0MDViZTQ0LWRkNzUtNDY0Mi05MjFmLTVmMTU0N2UzMWFiZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R680, nou Vanaf R612  per nag (plek vir 2) 87 5 1 5 6 Middel Street Parys 9585 Vrystaat 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -26.898552784036 27.453999
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!