aanbod Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
Franskraal Akkommodasie by Rots En See Self-Catering Villa | LekkeSlaap
+46
+46

Rots En See Self-Catering Villa

5 resensies
Selfsorg
  • Langtermynverblyf-aanbod - Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6.
  • Vanaf R1 700 R1 457 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seaview-rylaan, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Rots en See is 'n selfsorghuis aan die kus in Franskraal, naby die bekende vissersdorpie, Gansbaai, in die Wes-Kaap. Dis perfek vir 'n groep vriende of 'n groot gesin op soek na gerieflike verblyf met 'n 180°-uitsig oor die see en doendinge in die omgewing.

Die huis beskik oor 5 slaapkamers en 4 badkamers waarvan 3 en suite is. Die slaapkamers is ruim en toegerus met 'n dubbelbed of enkelbeddens en die badkamers het elk 'n stort of 'n bad met 'n wasbak en 'n toilet. Die kombuis, sitkamer en eetkamer is oopplan en die kombuis is toegerus met geriewe soos 'n yskas en vrieskas, mikrogolfoond, stoof, wasmasjien, tuimeldroër, skottelgoedwasser en nog ander toebehore.

Die sitkamer het 'n TV met volle DStv en die eetkamer lei uit na 'n binnenshuise vermaakarea met braaigeriewe. Rots en See het ook 'n alarmstelsel en gewapende reaksie en gaste word gevra om die alarmstelsel te aktiveer wanneer hulle nie tuis is nie. Gaste kan walviskyk van die patio af gedurende die seisoene en daar is 'n dubbelmotorhuis vir voertuie.

Op die perseel kan gaste voëlkyk, visvang of snorkel by die rotse aan die agterkant van die huis. 'n Kort entjie se ry weg kan gaste 'n hele rits doendinge aanpak. Dit sluit in: voetslaan, duik, bootritte, haaihokduik, branderplankry, inkopies en lekker uiteet by restaurante.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Braaiplek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 5 resensies vir Rots En See Self-Catering Villa
Netheid
4.4/5
Diens
4.8/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Seaview-rylaan, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rots En See Self-Catering Villa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 700
Vanaf R1 457
per nag (vir 2 persone)
was R1 700
Vanaf R1 457
per nag (vir 2 persone)
was R1 700
Vanaf R1 457
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seaview-rylaan, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDU3NWMxZmQ0LTEyNmItNGM0ZS04YzU4LWVjMjNjMzExMjFiMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 700, nou Vanaf R1 457  per nag (vir 2 persone) 5 5 1 5 47 Seaview Drive Franskraal 7220 Wes-Kaap 086 999 0018 16:00-20:00 10:00 -34.61267640932 19.381785839796
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za