LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Royal Manor | LekkeSlaap
+16

Royal Manor

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 10 resensies vir Royal Manor
Netheid
5.0/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.8/5
Frane V - Aug 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Frane V
Besigheidsreis

Puik!

Sal definitief weer daar bly. Almal was baie vriendelik en behulpsaam. Kamers is skoon, netjies en goed toegerus. Die restaurant en winkeltjie is baie oulik.

Ina E - Aug 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ina E
Saam met eggenoot / lewensmaat

Plattelandse hartlikheid.

Opgeknapte oudhede, baie vriendelike diens en geselskap.

Sandra O - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sandra O
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ongelooflike stunning plek.

Baie netjiese en skoon kamers. Vriendelike diens. Dis 'n pragtige ou gebou wat hulle baie mooi restoureer het. Sal beslis weer daar oorbly as ons in die omgewing is.

Corrie V - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Corrie V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustig, gerieflik en aangenaam.

Pragtige ou hotel in 'n rustige dorpie. Eienares vriendelik en behulpsaam.

Johan D - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Johan D
Saam met vriende

Plattelandse nostalgie.

Aanvanklike probleem met kamer toedeling, maar op baie professionele manier deur bestuur uitgesorteer. Daarna net lekker verblyf. Baie goeie waarde vir geld, baie lekker etes en baie goeie vriendelike diens van die personeel. Sekuriteit vir voertuie was ook verligting. Net een stukkie kritiek. Ek dink die eienaar sal moet gesels met die bure aan die agter kant, (Off Street) daar is 'n verkoelings-eenheid wat slaap in die agterste gesinseenheid moeilik maak. Sal ek weer daar bly? Ja.

Charmaine D - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Charmaine D
Saam met vriende

Dienie het uit haar pad gegaan om ons te akkommodeer.

Daar was 'n probleem met die bespreking, maar Dienie het uit haar pad gegaan om ons te huisves by Tertia, wat op haar beurt weer dit baie lekker gemaak het vir ons. Ons is selfs bederf met 'n heerlike ontbyt en aandete!

Royal Manor's terugvoer

Baie dankie vir jul absolute verstaan.
Mens streef werklik om perfek vir jou gaste te wees; maar soms tree die menslike faktor in.
Julle was die perfekte gas. Soveel begrip en kon ons uitreik en vir jul die diens gee wat ons graag nastreef.
Ons beste wense vergesel julle.

Royal Manor
Mariana J - Aug 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mariana J
Saam met eggenoot / lewensmaat

Waarde vir geld.

Die kamers is pragtig en skoon, vriendelike en hulpvaardige personeel en die kos was heerlik. Sal dit beslis aanbeveel vir enige iemand.

Royal Manor's terugvoer

Beste Mariana,

Baie dankie, ons waardeer jul positiewe boodskap werklik baie. Dit is vir ons baie belangrik dat ons gaste tuis moet voel.

Mag julle 'n wonderlike week hê. Kom asseblief weer hier kuier - ons hou jul koppie koffie warm!

Groete,
Royal Manor

Royal Manor
Celeste R - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Celeste R
Gesin met klein kinders

Interessant!

Situasie was interessant. Rudi het dit goed gehanteer. Eienaar het self ook opgevolg.

Royal Manor's terugvoer

Baie dankie dat julle van die Royal Manor gebruik gemaak het. Baie dankie vir jul begrip en wyse waarop julle die besprekingsfout hanteer het. Dit is werklik vir ons belangrik dat gaste tuis voel en dat dit vir hulle 'n goeie ervaring sal wees.
Kom asseblief weer. Ons strewe na verbetering!

Royal Manor
Anthony B - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anthony B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Plattelandse vriendelikheid op sy beste.

Die personeel was uiters vriendelik en het gereeld gevra hoe hulle ons verblyf gemakliker kon maak. Die kamers was baie netjies en goed versorg. Ons voertuig is veilig gebêre op die perseel. Aandete het 'n goeie verskeidenheid gehad en die vleis wat ons bestel het was perfek voorberei volgens ons versoeke. Ons is rêrig daar weg soos ou vriende. Ontbyt was baie smaaklik en voldoende vir ons. Sjoe! Die koffie was 'n wenner saam met ontbyt, so ook die marmalade saam met die roosterbrood.

Royal Manor's terugvoer

We highly appreciate your review and feedback, we will try every single day to make it better and improve, to keep every customer happy and satisfied.

A great Thank You from Royal Manor!!!

Royal Manor
Rita D - Nov 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rita D
Besigheidsreis

Nuut, skoon, vars met warm gasvryheid en vriendelikheid. Voorwaar 'n wonderlike plek

Alles hier getuig van goeie beplanning en smaak vanaf die voor- tot die agterdeur. Die eienaars is voorwaardelik wonderlik, hulle is gasvry, laat jou welkom voel en sorg dat alles die heeltyd reg is. Die ontbyt en aandetes het 'n groot verskeidenheid en 'n persoonlike " touch " Ek sal dit 100% aanbeveel.

Royal Manor's terugvoer

Thank You, Thank You, Thank You!!

It is really a proud moment to get good feedback from customers, we promise to keep it up and improve and build up a momentum of satisfying customers and delivery according to their request.

Thank You!!!

Royal Manor
Vanaf R1 300
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 300
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 300
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 36 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Colestraat, Barkly-Oos, 9786, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc8aLF6FOZqwruIIguVzI4QoYbirOoEsDkVozRsj8UhEncxujYa?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 300  per nag (vir 2 persone) 10 5 1 5 Cole Street Cole Street 9786 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -30.968490517779 27.595028823001
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!