Royal St. Andrews Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Royal St. Andrews Hotel, Konferensiesentrum en Spa bou vandag steeds voort op hul trotse, tradisionele gasvryheid wat dateer uit 1924. Die pragtige gerestoureerde gebou is ook die tuiste van die Highlander Pub en die Thistle Restaurant en bied 10 "Erfenis" kamers.

Die Royal St. Andrews Hotel bied 'n reeks moderne en luukse verblyf-opsies wat sy ryk erfenis komplementeer. Dit sluit 'n "superior" wittebroodsuite en 9 erfeniskamers wat onlangs opgeknap is in. Dié eenhede is almal in die oorspronklike St. Andrews Mansions-gebou wat dateer uit 1924 en daar is ook 50 moderne kamers wat onlangs gebou is. Die hotel het 4 skakelkamers vir gesinne en 2 rolstoelvriendelike kamers. Geriewe in die kamers sluit hoëspoed-internet, individuele klimaatbeheer, platskerm-TV's met sekere DStv-kanale, kluise, tee- en koffiemaakgeriewe en yskassies in.

Ons restaurante roep nostalgiese herinneringe van die oorspronklike gebou van 1924 op. Daar word voorsiening gemaak vir alle smake en geleenthede met 'n kombinasie van kontemporêre elegansie met gesofistikeerde geure. Al die disse sal jou verras met 'n mengsel van plaaslike en internasionale fynproewerskos.

Gaste kan 'n heerlike ontbyt by die Paper Nautilus Deli geniet, kroegkos met 'n kinkel eet by Highlander Pub of heelaand smul aan goeie wyn en fynproewerskos by die elegante Thistle Restaurant.

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Royal St. Andrews Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 450 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za